Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hardus systap kanker, terug in Ixias-span

Wanneer Hardus Nel die naweek in die Ixias se eerste Varsitybeker-wedstryd van die seisoen speelkans kry, sal dit net ’n rapsie meer as ’n jaar wees sedert kanker by hom gediagnoseer is.

Hardus Nel in 2020 in die Varsitybekerwedstryd tussen die Ixias en Maties in Stellenbosch. Foto: Gallo Images

Nadat Nel in Oktober gehoor het dat sy kanker in remissie is, het hy kort daarna weer saam met sy spanmaats vir die nuwe rugbyseisoen begin voorberei.

Maar dit was ’n lang en moeisame pad sedert daardie dag in Maart 2020 toe sy wêreld op sy kop gekeer is met die nuus dat hy testikulêre kanker het.

Die verwagting is dat hy op die Ixias se plaasvervangersbank ingesluit sal word vir Sondag se kragmeting met die Universiteit van Johannesburg. Vanjaar se reeks word in ’n bioborrel in Pretoria beslis.

Nel (23), ’n losvoorspeler, erken selfs nadat hy weer begin oefen het, sou hy nooit kon dink dat hy so vinnig weer in ’n wedstryd sal speel nie.

Hy het immers as deel van die behandeling chemoterapie ondergaan en het in ’n stadium slegs 65 kg geweeg.

Hardus Nel in November 2020 kort nadat hy weer begin oefen het. Foto: Mlungisi Louw

“Ek sien baie uit na die wedstryd. Dit is lekker om te sien dat die harde werk wat ek ingesit het, vrugte dra,” sê Nel.

“Daar was tye dat ek nie gedink het dat ek ’n jaar later terug op die rugbyveld sal wees nie.

“Maar my selfvertroue in my vermoëns het die laaste tyd baie gegroei, ook danksy die ondersteuning van my spanmaats, familie en vriende.”

Nel is ’n oudleerling van Grey-kollege in Bloemfontein wat die Vrystaat in 2015 in die Cravenweek-toernooi verteenwoordig het.

Pieter Bergh, die Ixias se afrigter, sal Vrydag sy 23-tal vir die wedstryd aanwys. ’n Paar spelers, soos Jacques Ackerman (losvoorspeler), Jan Kotze (losvoorspeler), Christiaan Nel (vleuel) en Xavier Swartbooi (skrumskakel), het las van beserings.

Die verwagting is dat die ervare Zinedine Booysen, wat die Vrystaat tevore op junior vlak verteenwoordig het en vir die Shimlas uitgedraf het, die Ixias se nr. 9-trui sal dra.

Meer oor:  Varsitybeker  |  Ixias  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.