Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Harlequins skors self haker vir vuilspel
Dave Ward / Foto: Getty Images

Gewoonlik is sulke sake in die hande van ’n tugkomitee, maar die Engelse rugbyklub Harlequins het sommer self besluit om een van sy spelers vir vuilspel te skors ná Saterdag se kragmeting met die Wasps op Twickenham.

In ’n nuusverklaring Sondag deur Premiership Rugby het Harlequins gesê dat hy ’n voorval in die tiende minuut van die wedstryd bekyk het waar die haker Dave Ward op die Wasps-speler Thomas Young se enkel trap. Ward is op die veld met ’n geelkaart gestraf. Harlequins, wat met 20 – 13 gewen het, het Sondag toe ook besluit om Ward vir ’n wedstryd te skors.

“Ons rig nie vuilspel af en keur dit nie goed nie. Dis onaanvaarbaar. Ek sê namens die klub jammer aan Thomas en die Wasps vir die voorval,” het Paul Gustard, Harlequins se hoof van rugby, gesê.

Ward is onskuldig bevind aan bewerings dat hy op ’n teenstander gespoeg het.

Hy self het ook vir Young om verskoning gevra.

Ek vra onvoorwaardelik om verskoning aan Thomas Young en almal by Wasps vir my geelkaart.
Dave Ward

“Ek vra onvoorwaardelik om verskoning aan Thomas Young en almal by Wasps vir my geelkaart,” sê hy.

“Ek wil dit wel duidelik maak dat ek op niemand gespoeg het nie. Ongeag hoe dit op die beeldmateriaal lyk weet ek dat ek in my hele loopbaan nog nooit op ’n speler gespoeg het nie en ek sal dit ook nooit doen nie.” 

– Sportredaksie

Meer oor:  Engeland  |  Rugby  |  Wasps  |  Haker  |  Geskors  |  Premierliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.