Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hartseerdag in Cardiff vir Gatland

Dit gebeur nie gereeld dat ’n rugbyafrigter ná ’n oorwinning verwys na “die slegste tydperk van my afrigtersloopbaan” nie.

Dít is nietemin wat vir die Ierse afrigter Joe Schmidt voorlê, selfs al het sy span Wallis Saterdag met 22-17 in Cardiff geklop.

Hallam Amos van Wallis word deur Ierland se Jacob Stockdale vasgevat. Foto: Getty Images

Schmidt se verwysing na die slegste tyd in sy afrigtersloopbaan het ook niks te doen met die taai week wat die Iere gehad het nadat Engeland hulle verlede naweek met 57-15 afgeslag het nie.

Nee, vir Schmidt hang die besluite oor sy finale Wêreldbeker (WB)-groep soos ’n donker wolk oor sy kop.

“Dit is ’n aaklige paar dae. Dit is waarskynlik die slegste paar dae wat ek nog as ’n afrigter gehad het, hierdie periode vier jaar gelede,” het Schmidt ná die wedstryd gesê oor die taak wat nou op hom wag.

“Ek weet hoe hard hierdie spelers werk en hoe goed hulle is.Dit is die spits, dit is wat hulle nagestreef het, dit is waaroor ons verlede Kersfees gepraat het wat ons enigste doelwit vir die jaar is.

“En vir die spelers wat uitgelaat word, gaan dit ’n baie groot hou wees. Ek is baie bewus daarvan en ek simpatiseer daarmee. Maar jy kan net 31 spelers saamneem en dit is die brutaliteit daarvan.”

Vir Warren Gatland, Schmidt se Walliese eweknie, lê ’n soortgelyke taak voor.

Gatland weet hoe dit voel om uit ’n WB-groep weggelaat te word – dit was immers sy lot by die All Blacks in 1991.

Daar is tans 40 spelers by die Rooi Drake se oefenkamp in Vale of Glamorgan. Nege spelers gaan dus teleurgestel word.

Ierland se Garry Ringrose lê rieme neer. Foto: Getty Images

Vir Gatland was daar egter meer rede vir hartseer. Saterdag se kragmeting was sy laaste by die Millenium-stadion as Wallis se afrigter, ’n pos wat hy vir ’n allemintige 12 jaar beklee het.

“Ek was ’n bietjie emosioneel en ek het nie woorde gehad nie,” sê Gatland.

“Ek het my tyd in Wallis gekoester en dit was emosioneel om te dink dit was my laaste keer om na die stadion te kom.”

Hy sê Wallis het ’n spesiale plek in sy hart.

“Ons het baie goed presteer en bo ons gewig geboks in die laaste 12 jaar en ons is nog nie klaar nie.

“As ons geestelik en fisiek reg ingestel is en ons gaan uit en speel soos wat ons kan, kan ons enige span in die wêreld troef.

“Ek glo eerlikwaar ons kan ’n lang pad by dié WB-toernooi stap.” – BBC

Meer oor:  Wallis  |  Warren Gatland  |  Joe Schmidt  |  Wêreldbeker  |  Ierland  |  Wêreldbekerrugby  |  Wb
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.