Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haskell mis dalk begin van Sesnasies

Die Britse flank James Haskell kan moontlik die eerste ronde van die Sesnasies-reeks misloop nadat hy koelkas toe gestuur is tydens Wasps se dramatiese nederlaag teen Harlequins.

James Haskell, flank vir Wasps, kyk of Jamie Roberts, Harlequins-senter, oukei is, nadat hy hom hoog geloop met sy skouer. Foto: Reuters

Die 32-jarige Haskell is deur Romain Poite ’n rooikaart gewys nadat hy in die 75ste minuut vir Jamie Roberts van Wallis met die skouer hoog geloop het.

Harlequins het met 33-28 as oorwinnaars van die veld gestap nadat Haskell af gestuur is en James Chisholm die doellyn oorgesteek het om ’n senutergende sege te beklink.

Toe Haskell van die veld af is, het Wasps nog aan ’n 28-26 voorsprong geklou.

Roberts moes die veld verlaat om ’n harsingskuddingstoets te ondergaan, met Haskell wat langs die veld sowel as op Twitter om verskoning gevra het.

Haskell kan tot ses weke geskors word, maar sal waarskynlik ’n korter tydperk langs die veld deurbring as hy skuld beken.

Engeland se veldtog om hul titel te verdedig begin oor drie weke teen Italië .

Die flank sal hoop dat hy nie te veel van die veldtog sal misloop nie, nadat hy uit die groep gelaat is vir Engeland se wedstryde in Junie 2017. Hy is wel vroeër die maand deur Eddie Jones, die span se afrigter, herroep . – Sportredaksie

Meer oor:  Wasps  |  Harlequins  |  Jamie Roberts  |  Sesnasies  |  James Haskell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.