Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haskell roep hokaai ná 11 seisoene

Die Engelse flank James Haskell (34) gaan sy stewels ná 11 seisoene as beroepsrugbyspeler en 77 toetse vir Engeland ophang.

Die Engelse strydros James Haskell het besluit om sy stewels op te hang. Foto: Getty Images

Haskell het die afgelope seisoen deurgeloop onder beserings, met veral sy enkels wat probleme besorg het.

“Ek was mal oor elke minuut van my loopbaan en is bevoorreg dat ek saam met ’n paar uitsonderlike spelers kon speel,” het Haskell in ’n verklaring gesê.

Dié losvoorspeler het ná meer as 200 wedstryde vir London Wasps die afgelope seisoen vir Northampton Saints uitgedraf.

Haskell het in twee Wêreldbeker-toernooie vir Engeland diens gedoen, het die Sesnasies-titel drie keer verower en was ook in die Britse en Ierse Leeus se groep wat in 2017 die louere met Nieu-Seeland gedeel het.

Volgens Haskell is die twee dinge waaroor hy die spytste is, dat hy nooit sal weet hoe dit voel om ’n WB-toernooi te wen of om vir die Barbarians uit te draf nie. – Reuters

Meer oor:  Engeland  |  Uittrede  |  James Haskell  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.