Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hawies amptelik aan die stuur

’n Nuwe era het Maandag vir die Vrystaat Rugbyunie begin toe Hawies Fourie amptelik as afrigter van die Cheetahs, vir die volgende vier jaar, begin het met sy werksaamhede.

Welkom terug! Franco Smith hang ná Vrydagaand se wedstryd teen Munster sy das om Hawies Fourie se nek in die Cheetahs se kleedkamer as teken dat hy amptelik die span aan hom oorhandig. Ander wat herkenbaar is op die foto is van links die heelagter Clayton Blommetjies, Smith, Ruan Botha, sportsielkundige, Ryno Opperman, voorsitter van die raad, Fourie, Harold Verster, uitvoerende hoof van die Cheetahs, en Jerry Segwaba, president van die Vrystaat Rugbyunie. Foto: Mlungisi Louw

Fourie sou aanvanklik ná die Curriebeker-reeks by Franco Smith oorgeneem het, maar het ’n operasie ondergaan en kon hom eers twee weke gelede in Bloemfontein aanmeld.

Smith bly nog tot einde November aan as die Vrystaat se direkteur van rugby. Hy sluit hom in Januarie 2020 by Italië as sy afrigter aan, met die Sesnasies-reeks sy eerste taak as internasionale breier.

Wat Fourie se werk betref, is hy nie ’n vreemdeling in die Rosestad en tot ’n mate sentraal-Suid-Afrika nie. Hy was tussen 2007 en 2014 as agterlynafrigter by die Vrystaat-Cheetahs in die Curriebeker-reeks en die Cheetahs in die Superrugby-reeks betrokke.

Hy was ook Griekwas, die Cheetahs se bure en eertydse Superrugby-vennoot, se hoofafrigter tussen 2014 en 2015, voordat hy hom by Maties as hul Varsitybeker-afrigter aangesluit het.

Fourie kon nie op ’n beter tyd gekom het nie, met die span wat die eerste drie wedstryde van die 2019-’20-Pro14-seisoen oortuigend gewen het teen drie sterk spanne.

Daar moet egter gewag word om te sien of die oorgang van afrigter die span se ritme gaan versteur, hoewel dit nie ’n kwessie behoort te wees nie.

Sy eerste uitdaging is egter nie in Bloemfontein nie, maar wag vir hom in Galway, Ierland, waar die Cheetahs volgende Saterdag teen Connacht te staan kom.

Hy moet nog sy toergroep, wat volgende Dinsdag vertrek, aankondig.

Fourie het die vorige wedstryde teen Ulster en Munster bygewoon, en sal reeds ’n aanduiding hê van wie hy op die toer van drie weke gaan saamneem.

Hy sal op die toer vir ’n laaste keer (teen Connacht) die dienste van die Springbok-stut Ox Nche tot sy beskikking hê.

Hy vlieg ná die wedstryd teen die Ierse span terug om hom op 1 November by die Haaie in Durban aan te sluit.

Meer oor:  Cheetahs  |  Franco Smith  |  Hawies Fourie  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.