Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hawies belê in Oupa as baldraer

Die Cheetahs se agttal het spiere bygekry met Oupa Mohojé wat die afgelope week sy kontrak vir ’n jaar met die Bloemfonteinse franchise verleng het.

Oupa Mohojé. Foto: Getty Images

Die 29-jarige Mohojé se kontrak met die Cheetahs het al in Mei verstryk. Hy het wel met ander franchises onderhandel voordat hy besluit het om deel van Hawies Fourie se planne te bly.

Fourie se grootste uitdaging is om Mohojé fiks en wedstrydskerp te kry. Hy het in September 2018 ’n ernstige kniebesering in die Cheetahs se eerste Pro14-wedstryd van die seisoen teen Munster in Limerick, Ierland, opgedoen en het sedertdien nog nie weer rugby gespeel nie. Hy was toe ook pas as kaptein vir die seisoen aangewys.

Die Springbokflank sou na verwagting vroeër die seisoen sy terugkeer gemaak het, maar het ’n terugslag beleef met die knie wat nie behoorlik wou herstel nie.

Mohojé kon egter weens die Covid-19-inperking op sy herstel konsentreer en is volgens ’n ingeligte baie fiks.

Fourie het sover goeie kopies gedoen, maar sy grootste uitdaging is watter spelers die leemte sal vul wat deur die vertrek van baldraers soos Ox Nché, Joseph Dweba, Sintu Manjezi, Jasper Wiese en Henco Venter gelaat is. Mohojé kan hierdie leemte help vul.

Meer oor:  Oupa Mohoje  |  Cheetahs  |  Hawies Fourie  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.