Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hawies het Haaie se Ntsila in visier

Hawies Fourie sit nie en tone tel terwyl onsekerheid heers oor wanneer die Cheetahs weer sal kan speel nie.

’n Sterk moontlikheid bestaan dat hy die losvoorspeler van die Haaie, Andisa Ntsila, kan oorreed om ’n Vrystater te word.

Andisa Ntsila

Ntsila het soos Carl Wegner, die slot van Toyota Verblitz, ’n aanbieding van Fourie gekry.

Die 26-jarige Ntsila is ’n produk van Queens College in Queenstown.

Hy het op o.19- en o.21-vlak vir die SWD-Arende gespeel, waarna hy in 2015 en 2016 vir hul senior span én by die Madibaz begin naam maak het.

Hy het die Kings van 2016 tot 2019 verteenwoordig, voordat hy verlede jaar ’n Haai geword het.

Vanweë die Haaie se goeie diepte onder hul losvoorspelers met die kontraktering van James Venter, Henco Venter en Sikhumbuzo Notshe, sukkel Ntsila om speelkans op Superrugby-vlak in Durban te kry.

Fourie is juis in die proses om verskeie van sy huidige spelers se kontrakte te hersien en moontlik te verleng.

Junior Pokomela is een van die spelers met wie onderhandel word.

Die 23-jarige Pokomela is hoog in aanvraag by ander plaaslike franchises en oorsese klubs, maar hy oorweeg dit sterk om sy rugby langer onder Fourie te speel.

Fourie se belangstelling in losvoorspelers volg nadat Henco Venter na die Haaie is en Daniel Maartens besluit het om na Nelspruit terug te keer om ’n Puma te word.

Meer oor:  Hawies Fourie  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.