Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hawies kies haastige agterlyn

Die Cheetahs se breier, Hawies Fourie, het grootskaalse veranderinge aan sy rugbyspan aangebring in ’n poging om hul toer van mislukking te red.

Luan de Bruin. Foto: Gallo Images

Die Cheetahs, wat die afgelope twee naweke teen Connacht en die Llanelli Scarlets verloor het, speel Saterdag hul laaste Pro14-toerwedstryd teen die Cardiff Blues en nie minder nie as agt veranderinge is aangebring, wat drie posisionele skuiwe insluit.

Dis veral met hul agterlyn wat die Cheetahs sal hoop om Cardiff te kelder.

Anthony Volmink is terug op linkervleuel, met Clayton Blommetjies wat na regtervleuel skuif in die plek van William Small-Smith.

Laasgenoemde vervang Louis Fouché, wat die binnesenter was in die vorige wedstryd. Benhard Janse van Rensburg is nou die binnesenter, terwyl Small-Smith buitesenter speel.

In die enigste ander verandering agterlangs begin Ruan Pienaar weer op skrumskakel en voer hy ook die span aan.

In die agttal maak Luan de Bruin sy eerste verskyning in die opdrafspan die seisoen, waar hy ook ’n eerste keer op loskopstut sak. Hy is gekies in Boan Venter se plek.

Die slot Walt Steenkamp en flank Gerhard Olivier is terug in die beginspan in die plekke van JP du Preez en Sias Koen.

* Cheetahs: Rhyno Smith, Clayton Blommetjies, William Small-Smith, Benhard van Janse van Rensburg, Anthony Volmink, Tian Schoeman, Ruan Pienaar (k), Jasper Wiese, Junior Pokomela, Gerhard Olivier, Walt Steenkamp, Sintu Manjezi, Aranos Coetzee, Joseph Dweba, Luan de Bruin. PLAASVERVANGERS: Wilmar Arnoldi, Boan Venter, Erich de Jager, JP du Preez, Sias Koen, Tian Meyer, George Whitehead, Louis Fouché.

Meer oor:  Luan De Bruin  |  Cheetahs  |  Hawies Fourie  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.