Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hawies kies noodgedwonge nuwe lostrio

Die Cheetahs se span vir Saterdag se Pro14-rugbystryd teen die Dragons in Newport toon twee noodgedwonge veranderinge in die lostrio.

Aidon Davis neem die geskorste Cheetah Jasper Wiese se plek op agtsteman. Foto: Gallo Images

Aidon Davis vervang die geskorste Jasper Wiese op agtsteman en Gerhard Olivier is flank in die plek van die beseerde Chris Massyn, wat harsingskudding opgedoen het.

Die flank Sias Koen, wat inderhaas na Wallis ontbied is, sal op die plaasvervangersbank diens doen. Hy sal slegs een keer saam met sy spanmaats kan oefen.

Alle aanduidings is dat Saterdag se wedstryd, net soos die vorige twee wedstryde in Ierland, in nat en winderige toestande gespeel gaan word.

Die Cheetahs kon weens deurdringende reën nie Vrydag by Rodney Parade, waar hulle die Dragons pak, hul kapteinsoefening hou nie.

Cheetahs: Clayton Blommetjies, Rhyno Smith, William Small-Smith, Benhard Janse van Rensburg, Craig Barry, Tian Schoeman, Ruan Pienaar (k), Aidon Davis, Junior Pokomela, Gerhard Olivier, Walt Steenkamp, Sintu Manjezi, Luan de Bruin, Wilmar Arnoldi, Boan Venter. PLAASVERVANGERS: Joseph Dweba, Charles Marais, Aranos Coetzee, JP du Preez, Sias Koen, Tian Meyer, Louis Fouché, Chris Smit.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  Dragons
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.