Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hawies Fourie oefen met nat balle

Hawies Fourie, afrigter van die Cheetahs, het die ongewone stap gedoen om balle tydens sy span se oefeninge in water te sit in die aanloop tot volgende week se Pro14-wedstryd teen die Ospreys in ’n poging om sy spelers gewoond te maak om nat balle uit te gee.

Hawies Fourie

Die Cheetahs vertrek Woensdag Wallis toe vir die laaste wedstryd van 2019 teen die Ospreys in Swansea.

Nadat hulle goed begin het by die huis, het hulle ’n rampspoedige toer in Ierland en Wallis gehad en Fourie meen die spelers se stadige aanpassing in die toestande in die Verenigde Koninkryk is een van die aspekte wat daarvoor verantwoordelik is.

Ná drie agtereenvolgende oorwinnings op hul tuisveld het die Cheetahs drie wedstryde agtereenvolgens op hul eerste oorsese toer van die 2019/20-seisoen verloor.

“Een van die groot redes hoekom ons nog nie kon wen sedert ons in Bloemfontein gespeel het nie, is dat ons nie ons wedstrydplan by die toestande in die Noordelike Halfrond aangepas het nie,” het Fourie gesê.

“As jy in goeie weer op ’n droë oppervlakte oefen en die bal rondgooi met die temperatuur op 30 °C, werk alles. Maar dan gaan jy oorsee, en wat in die toestande hier gewerk het in oefeninge en in wedstryde, werk nie meer nie.

“Jy kan onmoontlik dieselfde soort rugby speel in die wedstryde oorsee en dan verwag om te wen. Ons moet dit verstaan. Die ouens verstaan dit en begin beter speel, maar ons is steeds nie op die verlangde vlak daarmee nie.” 

Meer oor:  Cheetahs  |  Hawies Fourie  |  Afrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.