Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hawies skommel Cheetah-kaarte

Dieselfde Cheetah-voorry wat Leinster verlede week in die tweede helfte voos geskrum het, is nou in die opdrafspan vir Saterdag se Pro14-wedstryd teen Ulster in Belfast.

Clayton Blommetjies is terug op heelagter vir die Cheetahs. Foto: Gallo Images

Boan Venter, Wilmar Arnoldi en Luan de Bruin se werk sal wees om die Iere weer poegaai te skrum waarna die plaasvervangers die uitklophou moet plant.

Hawies Fourie, hoofafrigter van die Cheetahs, het Vrydag verder verras deur ’n gevaarlike agterste driehoek van Clayton Blommetjies, Rhyno Smith en Craig Barry te kies. Dié trio kan groot skade op die aanval aanrig, maar ’n verwagte nat veld kan hulle egter pootjie.

Hulle is van die sewe veranderinge in die beginspan.

Benewens die nuwe voorry wat Charles Marais, Joseph Dweba en Aranos Coetzee vervang, keer Sintu Manjezi as slot terug tot die beginspan nadat hy van ’n skouerbesering herstel het. Hy vervang JP du Preez.

Barry vervang op sy beurt Rabs Maxwane op linkervleuel, terwyl Blommetjies die eerste keer die seisoen na sy meer bekende heelagter-posisie terugkeer en met Smith plekke ruil.

Cheetahs: Clayton Blommetjies, Rhyno Smith, William Small-Smith, Benhard Janse van Rensburg, Craig Barry, Tiaan Schoeman, Ruan Pienaar (k), Jasper Wiese, Junior Pokomela, Chris Massyn, Walt Steenkamp, Sintu Manjezi, Luan de Bruin, Wilmar Arnoldi, Boan Venter. PLAASVERVANGERS: Joseph Dweba, Charles Marais, Aranos Coetzee, JP du Preez, Aidon Davis, Tian Meyer, Louis Fouché, Chris Smit.

Afskop: 21:35 (SS 1)

Meer oor:  Ulster  |  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.