Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hawies stippel Cheetahs se strategie uit
Hawies Fourie tydens opwarming voor die wedstryd teen Ulster in ’n sopnat Belfast verlede week. Soortgelyke eendeweer gaan Saterdag weer die Cheetahs se voorland in Newport, Wallis, wees. Foto: Gallo Images

Die Cheetahs hoop nie al hul planne om die Dragons tot oorgawe te dwing, word Saterdag deur ’n modderbad in Newport beduiwel nie.

’n Sterk wind sal na verwagting waai tydens dié Pro14-wedstryd in Wallis en daarby word nog reën voorspel.

“In sulke toestande gaan gebiedsvoordeel baie belangrik wees. Ons gaan moet druk op die Dragons plaas en soveel as moontlik in hul helfte speel,” het Hawies Fourie, hoofafrigter van die Cheetahs, oor hul strategie gesê.

Die Cheetahs het hul huiswerk gedoen en voer ’n paar dinge in die mou om 2018 se sege met 29-17 daar te herhaal.

“Hulle is kwesbaar by die afbreekpunte. Hulle het 12 keer omgekeerde besit afgestaan in die laaste twee wedstryde, so dis die fokus om daar mee te ding,” het Fourie verklap.

Hulle is kwesbaar by die afbreekpunte. Hulle het 12 keer omgekeerde besit afgestaan in die laaste twee wedstryde, so dis die fokus om daar mee te ding.
Hawies Fourie

Hy sê voorts hulle moet gedissiplineerd wees en dat hulle nie kan bekostig om weer kaarte te kry soos in hul eerste twee toerwedstryde nie.

“In só ’n wedstryd gaan die telling waarskynlik klein wees, so enige punte maak ’n verskil.

“Ons sal daarom so min as moontlik strafskoppe wil afstaan, veral strafskoppe wat binne ons beheer is soos onkantspel en hoogvatte.

“Ons moet ook druk op hul skakelpaar van Sam Davies en Rhodri Williams plaas. Hulle is die gevaarmanne in die Dragons se span. As dié twee foute maak, kan ons in dit aanvalsgeleenthede omskep,” sê Fourie.

Sy plan was om Vrydagmiddag van Cardiff af Newport toe te ry om self te gaan kyk na die veld om seker te maak hulle is reg voorbereid vir die wedstryd. Dít nadat die nat weer meegebring het dat die Cheetahs nie hul kapteinsoefening op Rodney Parade kon hou nie.

Gerhard Olivier

Die Cheetahs moes intussen twee noodgedwonge veranderinge aan hul lostrio aanbring.

Aidon Davis vervang die geskorste Jasper Wiese op agtsteman en Gerhard Olivier is flank in die plek van die beseerde Chris Massyn, wat harsingskudding opgedoen het.

Die flank Sias Koen, wat vandeesweek inderhaas na Wallis ontbied is, sal op die plaasvervangersbank diens doen.

Die Dragons kon nog net vier van hul 11 Pro14-wedstryde wen dié seisoen en die Cheetahs ses van hul 12.

Dragons: Will Talbot-Davies, Jared Rosser, Adam Warren, Jack Dixon, Ashton Hewitt, Sam Davies, Rhodri Williams (k), Ollie Griffiths, Taine Basham, Harrison Keddie, Matthew Screech, Joe Davies, Lloyd Fairbrother, Ellis Shipp, Aaron Jarvis. PLAASVERVANGERS: Rhys Lawrence, Josh Reynolds, Chris Coleman, Brandon Nansen, Lewis Evans, Tavis Knoyle, Jacob Botica, Joe Goodchild.

Cheetahs: Clayton Blommetjies, Rhyno Smith, William Small-Smith, Benhard Janse van Rensburg, Craig Barry, Tian Schoeman, Ruan Pienaar (k), Aidon Davis, Junior Pokomela, Gerhard Olivier, Walt Steenkamp, Sintu Manjezi, Luan de Bruin, Wilmar Arnoldi, Boan Venter. PLAASVERVANGERS: Joseph Dweba, Charles Marais, Aranos Coetzee, JP du Preez, Sias Koen, Tian Meyer, Louis Fouché, Chris Smit.

Skeidsregter: Andrew Brace (Ierland).

Assistent-skeidsregters: Adam Jones (Wallis), Stuart Gaffkin (Ierland).

TV-skeidsregters: Brian MacNeice (Ierland).

Afskop: 19:15 (SS 1)

Meer oor:  Jasper Wiese  |  Hawies Fourie  |  Wallis  |  Newport  |  Dragons  |  Pro14-Reeks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.