Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hawies maak dié skuiwe vir Kings-stryd
Clayton Blommetjies is terug in die Cheetahs se opdrafspan nadat hy nie die 23-tal vir die vorige wedstryd teen Zebre gehaal het nie.Foto: Gallo Images

Die Cheetahs se afrigtingspan het in ’n poging om weer op die wenpad te kom, nie té veel aan die span getorring vir Saterdag se Pro14-wedstryd teen die Southern Kings in Port Elizabeth nie.

Die vyf veranderinge wat aangebring is, is almal eerstekeuse-spelers wat terugkeer vir die derby in die Baai.

Clayton Blommetjies en Anthony Volmink is die nuwe vleuelpaar nadat nie een van die twee in die vorige wedstryd teen Zebre gespeel het nie. Hulle vervang vir Craig Barry en Rabs Maxwane (wat nie die 23-tal gehaal het nie).

Joseph Dweba is op haker gekies en Gerhard Olivier word met die nommeragt-trui toevertrou vir die wedstryd Saterdagmiddag in die Nelson Mandelabaai-stadion.

Hulle vervang onderskeidelik vir Wilmar Arnoldi en Aidon Davis, wat op die plaasvervangersbank diens doen.

Op losskakel is Tian Schoeman terug in die plek van George Whitehead.

Die Cheetahs en die Kings het albei hulle eerste wedstryde van die 2020-kalenderjaar – onderskeidelik teen Zebre en die Cardiff Blues – verloor.

* Cheetahs: Rhyno Smith, Clayton Blommetjies, William Small-Smith, Benhard Janse van Rensburg, Anthony Volmink, Tiaan Schoeman, Tian Meyer (k), Gerhard Olivier, Junior Pokomela, Chris Massyn, Walt Steenkamp, Sintu Manjezi, Aranos Coetzee, Joseph Dweba, Boan Venter. PLAASVERVANGERS: Wilmar Arnoldi, Erich de Jager, Luan de Bruin, JP du Preez, Aidon Davis, Ruan Pienaar, George Whitehead, Chris Smit.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  Joseph Dweba  |  Clayton Blommetjies  |  Kings  |  Hawies Fourie  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.