Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hawies verras met groentjies vir toer
Hawies Fourie
Hawies Fourie, die Cheetahs se breier, verras met sy toergroep. Foto: Gallo Images

Soos verwag het Hawies Fourie, afrigter van die Cheetahas, verras met sy toergroep vir die laaste Pro14-wedstryd van die kalenderjaar volgende week in Swansea, Wallis.

Hulle speel dan teen die Ospreys, wat twee gewese Cheetahs – die skrumskakel Shaun Venter en Tom Botha – in hul geledere het.

Die groot verrassings is die oud-Maties Chris Smit (senter) en die Chris Massyn (flank), wat hulle onlangs eers by die vergrote groep aangesluit het.

Die groot verassings is die oud-Maties Chris Smit (senter) en die Chris Massyn (flank), wat hulle onlangs eers by die vergrote groep aangesluit het.

Smit vervang die geskorste Dries Swanepoel en Massyn die geskorste Jasper Wiese.

Die voorste driedrukker van verlede seisoen, Rabs Maxwane, is ook weer uiteindelik by die Pro14-reeks betrek met sy insluiting.

Die verwagting is dat hy saam met Craig Barry die vleuelpaar vir die wedstryd kan wees.

Die haker Joseph Dweba toer nie saam nie. Hy het vandeesweek met ’n verbinde knie by die oefening opgedaag. Hy kan in elk geval doen met ’n bietjie rus, wat beteken dat Wilmar Arnoldi waarskynlik die eerste keer in die beginspan kan wees.

Sias Koen, ’n huursoldaat van Griekwas, ry ook in Jan Tuisbly se karretjie.

Aidon Davis maak na ’n afwesigheid van nege maande sy terugkeer tot die veld.Foto: Gallo Images

In nog verrassing is Aidon Davis, die flank wat voortaan op slot ingespan sal word, ook in die toergroep ingesluit. Hy was Februarie vanjaar laas op die rugbyveld, toe hy sy been tydens ’n oefening gebreek het.

Nog ’n flank, Marnus van der Merwe, wat herstel het van ’n voetbesering, het ook die toergroep gehaal.

Davis, is nes die Bok-flank Oupa Mohoje, met Fourie se aankoms ingelig dat hy op slot ingespan sal word in plaas sy gewone flank-posisie.

“Ek is ongelooflik opgewonde en terselfdertyd ook dankbaar dat ek weer deel van die span is en die toergroep gehaal het.

“Ek kan nie wag om weer op die veld te kom en my deel tot die span by te dra nie,” sê Davis.

“Ná ek my been gebreek het in Februarie, het ek baie hard gewerk om weer terug in die span te kom. Ek is dankbaar vir die geleentheid wat coach Hawies my gee en ek kan nie wag om speelkans te kry nie.”

Cheetahs se toergroep:
Wilmar Arnoldi, Craig Barry, Clayton Blommetjies, Aranos Coetzee, Aidon Davis, Luan de Bruin, Erich de Jager, JP du Preez, Benhard Janse van Rensburg, Sintu Manjezi, Chris Massyn, Rabs Maxwane, Tian Meyer, Gerhard Olivier, Ruan Pienaar, Junior Pokomela, Tian Schoeman, William Small-Smith, Rhyno Smith, Chris Smit, Walt Steenkamp, Marnus van der Merwe, Boan Venter, Reinach Venter, George Whitehead.
 
Meer oor:  Chris Smith  |  Alvon Davids  |  Chris Massyn  |  Hawies Fourie  |  Bloemfontein  |  Rp14-Reeks  |  Afrigter  |  Cheetahs  |  Toergroep  |  Verrassings  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.