Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hawies verwag moeilike Pro14-reeks

Die Cheetahs se nuwe breier, Hawies Fourie, het sy visier daarop gestel om dié span in vanjaar se Pro14-reeks soos in hul eerste seisoen weer in die uitspeelstryde te kry – en die drie tuiswedstryde waarmee hul veldtog begin, is dus welkom.

Die bepalings van hierdie seisoen se Pro14-reeks is Woensdag aangekondig.

Hawies Fourie. Foto: Gallo Images

Fourie erken dit sou vir hom as nuwe breier moeilik gewees het om sommer met die intrapslag te gaan toer. Hy waarsku in dieselfde asem dat hul eerste drie teenstanders gedugte spanne is.

Die Cheetahs begin die reeks op 27 September in hul eerste wedstryd tuis teen die Glasgow Warriors. Hulle speel ’n week daarna teen Ulster en dan teen Munster voordat hulle op ’n maand lange toer na Ierland en Wallis vertrek.

“Dis lekker om met drie wedstryde tuis te begin, maar daar moet onthou word al drie daardie spanne was die afgelope seisoen in die halfeindstryd,” sê Fourie.

“Dit gaan nie noodwendig maklike wedstryde wees omdat ons by die huis teen hulle speel nie. Ek gaan min tyd hê om voor te berei ná die Curriebekerreeks, maar ons sal gereed wees.

“Dit gaan nie ’n maklike kompetisie wees nie. Ek gaan aangewese wees op my hulpafrigters en die spelers wat die afgelope twee seisoene daar gespeel het. Ek sal wel aan die begin weet waarmee ons goed is en waar die leemtes is. Dan sal ek ook staatmaak op die nuwe spelers aan wie ons kontrakte aangebied het.”

Fourie sal nie by afrigting betrokke wees in die Curriebekerreeks nie, maar hy sal wel as waarnemer deel wees van Franco Smith (die hoofafrigter van die CB-span) se afrigtingspan.

Die breier sê hy is opgewonde daaroor dat die besluitneming in die Pro14-reeks nou in sy hande is. Voorheen, toe hy die aanvalsafrigter was, was dit beperk.

“Die uitdagings bly egter dieselfde,” sê hy. “Min het verander. Die begroting is min of meer dieselfde en die Cheetahs het nog altyd maklik spelers verloor.

“Ek het geweet wat die uitdagings sou wees en dit is hoekom ek vir die pos aansoek gedoen het, ek sien kans daarvoor.”

Cheetahs se Pro14-bepalings vir die 2019-’20-seisoen:

27 September: Cheetahs t. Glasgow Warriors

5 Oktober: Cheetahs t. Ulster

12 Oktober: Cheetahs t. Munster

26 Oktober: Connacht t. Cheetahs

2 November: Scarlets t. Cheetahs

9 November: Cardiff Blues t. Cheetahs

30 November: Ospreys t. Cheetahs.

4 Januarie 2020: Zebre t. Cheetahs

25 Januarie: Southern Kings t. Cheetahs.

1 Februarie: Cheetahs t. Southern Kings

15 Februarie: Leinster t. Cheetahs

22 Februarie: Ulster t. Cheetahs

29 Februarie: Dragons t. Cheetahs

21 Maart: Cheetahs t. Leinster

28 Maart: Cheetahs t. Edinburgh

11 April: Cheetahs t. Ospreys

17 April: Glasgow Warriors t. Cheetahs

25 April: Cheetahs t. Zebre

9 Mei: Cheetahs t. Dragons

16 Mei: Cheetahs t. Benetton

* Datum vir laaste wedstryd teen die Kings moet nog vasgestel word.

Meer oor:  Bepalings  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Hawies Fourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.