Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haznar kan vir Stormers tong uitsteek
Michal Haznar kry Dinsdag ’n geleentheid om tong uit te steek vir die Wes-Kapenaars. Foto: Gallo Images

Michal Haznar kry Dinsdag die geleentheid om tong uit te steek wanneer Griekwas en die Stormers mekaar in Kimberley die stryd aansê.

Haznar (27), ’n senter, is in die Poubloues se beginspan ingesluit vir die twee spanne se kragmeting in die voorbereidingsreeks.

Dié Namibiër van geboorte, wat by die Kapenaars gekontrakteer is, het hom onlangs as leenspeler by Griekwas aangesluit.

Daar het hy min speelkans gekry en was die plaasvervangersbank grootliks sy voorland.

Haznar het in 2019 sy rugby in die Diamantstad gespeel, waarna hy na die Wes-Kaap verhuis het. Daar het hy min speelkans gekry en was die plaasvervangersbank grootliks sy voorland.

Hy en André Swarts sal Griekwas se middelveld teen die Stormers beman. Haznar vervang Harlon Klaasen op buitesenter.

Die Namibiër se direkte teenstander sal die oud-Blitsbok Ruhan Nel wees – iemand wat Griekwas in 2015 in nege wedstryde verteenwoordig het.

Die Noord-Kapenaars se afrigter, Scott Mathie, het vier veranderinge aan die beginspan aangebring wat net meer as ’n week gelede teen die Haaie verloor het.

Masixole Banda in aksie vir Griekwas teen die Haaie in November gedurende ’n kragmeting in die Superrugby Unlocked-reeks. Die KwaZulu-Nataller is Yaw Penxe. Foto: Gallo Images

Twee deurwinterde spelers Masixole Banda (heelagter) en Ederies Arendse (vleuel) vervang onderskeidelik vir James Verity-Amm en Daniel Kasende.

Die enigste verandering aan die agttal is Carl Els wat die nr. 6-trui in Gideon van der Merwe se plek dra. Van der Merwe het las van ’n skeet.

“Dit is goed om ervare spelers vir hierdie wedstryd te hê,” sê Mathie.

“Met Michal wat terugkom, verleen dit aan ons meer spierkrag op senter. Hy het tevore, in 2019, al langs George (Whitehead, losskakel), Blackie (Swarts) en Ederies gespeel. So dit sal nie onbekende kombinasies wees nie.

“Ek voel Masixole het wedstrydtyd nodig. Hy het goed geoefen die laaste tyd en dit is goed om hom weer in die span te hê.

“Dan is Ederies iemand wat al in meer as 100 wedstryde (vir Griekwas) gespeel het, so ek sien uit na sy ervaring op vleuel,” sê hy.

Griekwas se span is:
Masixole Banda, Ederies Arendse, Michal Haznar, André Swarts, Eduan Keyter, George Whitehead (k), Stefan Ungerer, Sibabalo Qoma, Stefan Willemse, Carl Els, Cameron Lindsay, Mzwanele Zito, John-Roy Jenkinson, Alandré van Rooyen, Mox Mxoli. PLAASVERVANGERS: HJ Luus, Andrew Beerwinkel, Tijde Visser, Ewan Coetzee, Jo-Hanko de Villiers, Ashlon Davids, Tinus de Beer, Bandisa Ndlovu, Raegan Oranje, Harlon Klaasen.
 
Meer oor:  Kaapstad  |  Kimberley  |  Stormers  |  Poubloues  |  Heelagter  |  Voorbereidingsreeks  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.