Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Heethoof moet as straf blaser speel
Tom Youngs, derde van links, het teen die einde van ’n onlangse wedstryd tussen die Leicester Tigers en Bristol sy humeur lelik verloor. Foto: Getty Images

Tom Youngs, Leicester Tigers se kaptein, is deur die Engelse Rugbyunie (RFU) beveel om ’n skeidsregterskursus te doen en om in twee junior klubwedstryde te blaas.

Dít volg nadat die haker daaraan skuldig bevind is dat hy oneerbiedig was teenoor die wedstrydbeamptes in ’n Premierliga-kragmeting tussen die Tigers en Bristol.

Die voorval het vroeër hierdie maand plaasgevind toe die wedstryd in ’n chaos geëindig het.

Youngs  (34) is toe daarvan aangekla dat sy optrede strydig met die gees van die spel was.

Hy het verlede week aanlyn voor ’n onafhanklike tugkomitee verskyn.

Hy is vir twee weke geskors, waarvan hy reeds een week uitgedien het.

“Die tweede week van die skorsing is tot 28 Februarie 2022 opgeskort op voorwaarde dat Youngs ’n Engelse skeidsregterskursus voltooi en voor die sperdatum in twee junior klubwedstryde blaas,” sê die RFU.

“Dit sal die speler help om groter insig te kry oor die druk waaraan wedstrydbeamptes tydens kragmetings onderwerp word.

“Indien Youngs dit nie teen 28 Februarie 2022 doen nie, of weer op of weg van die veld oortree, sal hy die tweede week van sy skorsing uitdien wanneer die volgende wedstryd waarin hy kan speel, moet plaasvind.”

Die Tigers het dié seisoen sesde op die Premierliga se puntelys geëindig en nie die uitspeelwedstryde gehaal nie.

Harlequins en die Exeter Chiefs speel Saterdag in die eindstryd. – Reuters

Meer oor:  Rfu  |  Leicester Tigers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.