Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hemelbesem JD Schickerling op flank vir WP

Soos met die Haaie, is daar net ’n enkele verandering aan die Westelike Provinsie se opdrafspan vir Saterdag se Curriebeker-rugbywedstryd op Kingspark in Durban.

JD Schickerling sal die Westelike Provinsie se lynstaanspel versterk in Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen die Haaie in Durban. Foto: Gallo Images

JD Schickerling, ’n slot van formaat, is as steelkantflank gekies weens die armspier-besering wat Juarno Augustus verlede naweek teen die Blou Bulle opgedoen het. Dit het ’n posisionele skuif tot gevolg gehad, met Jaco Coetzee wat van flank af agtsteman toe geskuif is.

“JD het verlede naweek baie goed gevaar as ’n flank toe ons hom van die plaasvervangersbank af opgestuur het,” het John Dobson, die WP se afrigter, sy skuif verduidelik.

“Die debat was of ons vir JD of Sikhumbuzo Notshe moes kies. Notshe is egter nog nie fiks om 80 minute te speel nie. Ons het hom verlede naweek voortydig gekies.”

Dobson verwag dat Augustus vir drie tot vier weke buite aksie sal wees.

Schickerling (2,03 m, 119 kg) se insluiting behoort die WP aansienlik in die lynstane én in die vaste skrums te versterk.

“JD gee ons ’n puik opsie in die lynstane teen die Haaie, wat self goed vaar in dié afdeling. Dis ’n kritieke area van die spel. Ons het vandeesweek baie daarop gefokus,” het Chris van Zyl, die WP se kaptein, gesê.

WP: SP Marais, Edwill van der Merwe, Ruhan Nel, Dan Kriel, Seabelo Senatla, Jean-Luc du Plessis, Justin Phillips, Jaco Coetzee, JD Schickerling, Ernst van Rhyn, Chris van Zyl (k), Salmaan Moerat, Wilco Louw, Scarra Ntubeni, Corné Fourie. PLAASVERVANGERS: Chad Solomon, Kwenzo Blose, Carlu Sadie, David Meihuizen, Sikhumbuzo Notshe, Godlen Masimla, Josh Stander, Craig Barry.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Westelike Provinsie  |  Wp  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.