Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hencus ruil Japan vir Bloemfontein

Hencus van Wyk val môre by die Vrystaat-Cheetahs se rugbyspan in.

Dié 28-jarige vaskopstut moes ’n nuwe heenkome vind, omdat die Sunwolves nie meer deel van die Superreeks is nie.

Hy het van 2011 tot 2016 vir die Blou Bulle en die Bulle geskrum, voordat hy in 2017 ’n jaar lank ’n Leeu was.

Hy sal waardevolle diepte aan die vaskopkant bied nadat die Cheetahs sonder die beseerde Aranos Coetzee moet klaarkom.

Coetzee is weens ’n enkelbesering nie saam met Wilmar Arnoldi (kakebeen)‚ Reniel Hugo (knie)‚ Rhyno Smith (quad)‚ Duncan Saal (dyspier) en Dries Swanepoel (kuitbesering) teen die Bulle oorweeg nie. – Hendrik Cronjé

Meer oor:  Cheetahs  |  Hencus Van Wyk  |  Vaskopstut  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.