Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Henry: Trek Dan Carter nader vir WB

Die All Black-keurders hoef nie verder as die legendariese Dan Carter te soek as plaasvervanger vir die beseerde Damian McKenzie met die oog op die Wêreldbeker-toernooi nie.

Dan Carter tydens die eindstryd van die Wêreldbeker-toernooi in 2015 in Engeland. Foto: Getty Images

Dit is die mening van Graham Henry, ’n voormalige afrigter van Nieu-Seeland se rugbyspan, nadat dit die afgelope week rugbaar geword het dat McKenzie die skouspel later vanjaar in Japan weens ’n kniebesering gaan misloop.

Die verwagting is dat Beauden Barrett en Richie Mo’unga eerste in die ry sal staan om die nr. 10-trui te dra, maar McKenzie se veelsydigheid het beteken dat hy maklik op losskakel of heelagter diens kon doen.

“Daar is gerugte oor Dan Carter wat die ronde doen en ek dink nie hy sal die span in die steek laat nie. Hy sal die derde keuse wees en ek dink hy is ideaal vir daardie posisie.

“Hy het baie ervaring van wat dit vereis om nie net in Wêreldbeker-toernooie te speel nie, maar ook van internasionale rugby. Hy was daar en het dit al gedoen,” het Henry aan die Nieu-Seelandse radiostasie Newstalk ZB gesê.

Die 37-jarige Carter, wat drie keer met die toekenning as Wêreldrugby se Speler van die Jaar vereer is, het ná afloop van 2015 se Wêreldbeker-toernooi en ná 112 toetse sy uittrede uit toetsrugby aangekondig.

Hy het daarna eers klubrugby in Frankryk gespeel, waarna hy na Japan is.

Hy het baie ervaring van wat dit vereis om nie net in Wêreldbeker-toernooie te speel nie, maar ook van internasionale rugby.
Graham Henry

Tog erken Henry dat Carter, wat onlangs ’n nekoperasie ondergaan het, se terugkeer na die All Black-trui ’n skoot in die donker is.

Hy is nie tans ’n gekontrakteerde speler by die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZR) nie en boonop volg dié land se rugbyadministrateurs ’n streng beleid dat slegs spelers wat plaaslik speel vir die nasionale span oorweeg kan word.

“Dit is voor die hand liggend dat spelers aan die vereistes moet voldoen, moet speel en gekontrakteer moet wees om vir die All Blacks verkiesbaar te wees.

“Wie weet? Dit klink of daar baie werk agter die skerms aangaan,” het Henry gesê.

Carter se naam is egter nie die enigste wat genoem word as ’n moontlike plaasvervanger vir McKenzie nie.

Gerugte wil dit hê dat Aaron Cruden (30), wat deesdae vir die Franse klubspan Montpellier speel, ’n korttermynkontrak kan kry om terug te keer na Nieu-Seeland. – Reuters

Meer oor:  Japan  |  Nieu-Seeland  |  Dan Carter  |  Rugby  |  All Blacks  |  Damian Mckenzie  |  Wêreldbeker-Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.