Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Het Blitsbokke nou plek vir Afrika?

’n Mens torring nie aan ’n wenspan nie, en daarom gaan die Blitsbokke Werner Kok en Cecil Afrika straks nie vir die Kaapstad-sewestoernooi oorweeg word nie.

Dié toernooi begin Vrydag.

Gaan Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, aan sy wenspan torring om vir ’n speler soos Cecil Afrika (hier met die bal) plek te maak? Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse sewesspan het Saterdag die nuwe seisoen van Wêreldrugby se sewesreeks op ’n hoogtepunt begin deur die Dubai-sewestoernooi te wen. Die Blitsbokke het met ’n verstommende vertoning vorendag gekom om Nieu-Seeland met 15-0 in die eindstryd te klop.

Kok-hulle was ook Dubai toe, maar het daar vir die Akademiespan aan ’n uitnodigingstoernooi deelgeneem.

Hacjivah Dayimani het gewys dat hy op ’n hoër vlak kan speel.
Marius Schoeman

En hoewel die Akademiespan daardie toernooi gewen het, sal Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, nie maklik aan sy wenspan torring nie.

Powell het ná die eindstryd teen die Kiwi’s opgemerk dat hy bekommerd was hoe die span se samespel sou wees, aangesien die span uit ’n mengsel van jong, ervare hande en ook spelers soos Rosko Specman bestaan het, wat deesdae meer op vyftiens fokus.

Maar teen die Nieu-Seelanders was die samespel uit die boonste rakke nadat dit dalk in die eerste groepwedstryd, Donderdag teen Kenia, ’n bietjie verroes was.

Die enigste manier waarop Kok-hulle straks in Kaapstad in aksie kan wees, is as daar beserings is. Die Blitsbokke sal sodra hulle terug in Stellenbosch is, mediese ondersoeke ondergaan.

ã4þîlç3øp?§?sÂryÃÁõÿ
Hacjivah Dayimani die afgelope week in aksie vir die Akademiespan. Foto: Melissa Lear

Marius Schoeman, hoëprestasiebestuurder van sewesrugby van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, wat die Akademiespan na Dubai vergesel het, was ingenome met sy span se vertoning.

“Ek is baie gelukkig met die span, ons het natuurlik ook ’n paar ou hande gehad wat baie goed deurgekom het. Ek is bly dat spelers soos Cecil Afrika beseringsvry deur die toernooi gekom het. En Werner Kok. Die kaptein, Stedman Gans, was regtig fantasties.

“Maar ook die nuwe spelers, spelers wat vir die eerste keer hier gespeel het. Hacjivah Dayimani het gewys dat hy op ’n hoër vlak kan speel,” sê Schoeman.

* Muller du Plessis wat weens ’n kniebesering nie vir die Dubai-toernooi oorweeg kon word nie, het intussen die besering afgeskud. Hy moet egter eers weer sy fiksheid herwin en sal ook nie vir die Moederstad oorweeg word nie.

Hacjivah Dayimani kan sy buiging vir die Blitsbokke Vrydag in Kaapstad maak. Dayimani vervang Christi Grobbelaar, wat die plaasvervanger in Doebai was, in die groep.

Die verwagting is dat Dayimani wel in die 12-tal gaan wees in Ryan Oosthuizen of Chris Dry se plek. Daar kan meer veranderinge wees, afhangende van die uitslae van die spelers se mediese ondersoeke.

 

Meer oor:  Kaapstad  |  Cecil Afrika  |  Werner Kok  |  Marius Schoeman  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.