Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Franse Top14 soos ou Curriebeker

Rassie Erasmus is nie die eerste Springbok-afrigter wat asem ophou wanneer spelers van oorsee by ’n oefenkamp aankom nie.

Dit het dikwels in die verlede gebeur dat oorsese spelers nie op dieselfde fiksheids- en kondisioneringsvlakke is as die spelers wat Superrugby speel nie.

Alan Solomons, die Worcester Warriors se direkteur van rugby, en Heyneke Meyer, afrigter van Stade Français, gesels toe die spanne vroeër vanjaar kragte gemeet het. Foto: Getty Images

Nie minder nie as nege van die 26 spelers wat Sondag by ’n oefenkamp in Pretoria aangemeld het, het uit Japan, Frankryk of Engeland gearriveer.

Heyneke Meyer, voormalige Bokbreier en deesdae hoofafrigter van Stade Français in Parys, Frankryk, voorspel Cheslin Kolbe, Rynardt Elstadt (albei Toulouse) en Frans Steyn (Montpellier) sal nie ’n groot aanpassing hoef te maak nie.

“Daar is groot vooruitgang in Franse rugby wat betref fiksheid en kondisionering.

“Die Franse Top14-kompetisie is volgens my nader aan toetsrugby as wat Superrugby is. Dit is mededingend en kliphard en laat dink my baie aan die eertydse Curriebeker-reeks.”

Meyer meen ’n oplewing in Franse rugby is onafwendbaar en dit is nie toeval dat Les Bleus se o.20’s die afgelope twee jaar die o.20-Wêreldtoernooi gewen het nie.

“Daar is ’n omvattende plan begin om Franse rugby weer sterk te maak en dit is goed vir wêreldrugby.

“Dit is ’n groot uitdaging om ’n span in die Top14-liga af te rig. Dit is ’n lang kompetisie en jy moet aanpasbaar wees.

“In die somer speel die spanne aanvallend, maar in die winter moet jy aansienlik daarvan afwyk en takties speel.

“Die vaste fasette is wild en elke skrum is ’n titaniese stryd. Daar is ook nie sprake van maklike wedstryde nie. “Net soos destyds toe dit krag-teen-krag in die Curriebeker-kompetisie was.”

Meyer sê hy is optimisties oor die Springbokke se aanslag later vanjaar in die Wêreldbeker-toernooi in Japan.

“Ek is oortuig Rassie kan sukses behaal met die spelers wat hy het.

“Dit is jammer dat ons nie meer ’n span in Superrugby (se halfeindronde) het nie, maar die ekstra twee weke se rus wat dit ons spelers gun, is baie waardevol.

“Twee van die Nieu-Seelandse spanne (die Crusaders en die Hurricanes) het nie daardie luukse nie en ek glo die All Blacks het boonop minder diepte in die stadium.

“Dit is nie maklik om ’n groep vir die WB-toernooi te kies nie, maar ek glo Rassie het sy planne goed agtermekaar.”

Meer oor:  Heyneke Meyer  |  Top14  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.