Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Heyneke Meyer ‘leen’ drietal Bulle

Heyneke Meyer het ’n noodsein aan drie Blou Bulle gestuur om hulle die naweek by sy Franse klubspan Stade Français aan te sluit.

Die Bulle se Curriebeker-kaptein en -agtsteman, Hanro Liebenberg, slot Hendré Stassen en skrumskakel André Warner moes nog net hul versekeringspolisse vir besering in plek kry voordat hulle gister Parys toe sou vlieg. Hulle sal tydelik aan die Franse klub geleen word.

Heyneke Meyer. Foto: Argief

Hulle sal môre vir die eerste keer saam met oud-Bulle soos Morné Steyn en Piet van Zyl onder Meyer begin sweet. Met John McFarland as verdedigingsafrigter en André Volsteedt as een van die fiksheidskundiges, het Stade Français nou ’n ekstra sterk Bul-geur met Liebenberg-hulle se koms.

Ander Suid-Afrikaners soos Heinke van der Merwe, Willem Alberts, Stephan du Toit (kragafrigter) en Pieter de Villiers (hulpafrigter) tel ook onder Meyer se personeel.

Liebenberg-hulle kan tot einde Februarie deur die Bulle toegelaat word om vir Stade Français te speel. Daarna moet hulle na Pretoria terugkeer om die diepte van die Bulle se Supergroep te versterk.

Dis nietemin ’n uitstekende geleentheid vir Liebenberg (23), Warner (25) en Stassen (20) om ervaring in Europa op te doen.

Uit die drietal kan Stassen die breedste oor sy kans glimlag. Sy honger vir sukses was deurslaggewend in Meyer se besluit om hom ’n kans ná ’n goeie Curriebeker-reeks te gee. Stassen was gister nog een van die Bulle se plaasvervangers in die nasionale o.21-eindstryd teen die Leeus.

Liebenberg se selfvertroue is hoog ná ’n baie bevredigende Curriebeker-reeks. Hy mag dalk net sy beste rugby in Europese toestande speel omdat groot en sterk baldraers soos hy meestal in sulke toestande floreer.

Al is Warner se Bul-spanmaats Ivan van Zyl en Em­brose Papier deel van die Bok-groep, was selfs John Mitchell – gemeet aan sy spankeuses vroeër vanjaar – onseker wie die beste uit die drietal is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.