Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Heyneke, Toetie was nie Bok-probleem’

Suid-Afrikaanse rugby se heil lê nie in die Springbok-afrigter alleen nie, maar die gereedskap wat hy gegee word om sy mandaat uit te voer.

So sê die voormalige Springbok-senter Brendan Venter, wat meen die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sal “buite die boks” moet dink om die Bokke weer hul regmatige plek in wêreldrugby te laat inneem.

Brendan Venter / Foto: Gallo Images

“Rassie Erasmus is ’n goeie afrigter en as ons voel hy kan die verskil maak wat ons gaan help om ander groot lande te troef, is dit ook belangrik dat die strukture aangepas word om hom die regte ondersteuning te gee,” sê Venter.

“Een van die dinge wat ons kan doen, is om meer gereeld Springbok-kampe te hou. Die Bokke moet amper soos ’n provinsie self bestuur word en sal minder Superrugby-wedstryde moet speel.

“Saru moet die spelers kontrakteer en kan 60% van hul salarisse betaal. Die belangrike ding is nie net om die spelers vir toetse beskikbaar te hê nie, maar ook om genoeg tyd te kry om hulle af te rig.”

Venter voeg by so ’n stelsel sal daarop neerkom dat die Bokke vorentoe nie spelers van oorsese klubs af kies nie. Hy glo dit sal beter wees om aan sinergie te werk in ’n groep wat voortdurend saam oefen.

Duane Vermeulen / Foto: Getty Images

Drie van die Bokke se grootste uitblinkers vanjaar – Willie le Roux, Faf de Klerk en Duane Vermeulen – is aan oorsese klubs verbonde. Terselfdertyd het Erasmus nie altyd beheer oor wanneer hy spelers van oorsee beskikbaar het nie. Daar is ook die gevaar dat spankultuur negatief geraak kan word deur spelers wat as’t ware kies watter toetse hulle bereid is om in te speel.

Willie le Roux / Foto: Getty Images

Venter meen lande soos Ierland, Wallis en Skotland is tans juis sterker omdat hul nasionale beheerliggame toetsspelers meer gereeld as groepe saam het. Suid-Afrika is agter al drie daardie lande op Wêreldrugby se ranglys.

Venter glo die kontinuïteit sal die Bokke baie help.

“Die All Blacks is die span met die meeste kontinuïteit in terme van hul strukture. Hul sukses is nie toevallig nie,” sê Venter.

“Die Bokke kan daaruit leer en baie daarby baat om hul beste spelers konstant in dieselfde omgewing te hê. Jy kan dit vir vier jaar doen en daarna die sukses en mislukking meet.

“Jy kan nie heeltyd die baba saam met die badwater uitgooi deur ’n nuwe afrigter aan te stel en verwag om welslae te behaal nie.”

Venter se voorstelle volg op die Bokke se skoknederlaag van 19-32 teen Argentinië die afgelope Saterdag in Mendoza.

Hy meen die nederlaag wys Erasmus se onmiddellike twee voorgangers, Heyneke Meyer en Allister Coetzee, was nooit die probleem by die Bokke nie. Albei is die deur gewys – Meyer ná ’n Wêreldbeker-veldtog waar Suid-Afrika teen Japan verloor het en Coetzee met onder meer ’n nederlaag van 0-57 teen die All Blacks op sy rekord.

Faf de Klerk / Foto: Reuters

“Soveel as wat mense vir Heyneke en Allister wil kritiseer, verdien hulle nie om as swartskape uitgemaak te word nie, want Rassie sukkel ook nou.

“As hy talle veranderings maak met slegs uitslae voor oë gaan hy dieselfde pad stap. Saru moet geduldig wees met Rassie sodat hy ’n langtermynplan in werking kan stel,” sê Venter.

Meer oor:  Brendan Venter  |  Toetsrugby  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.