Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Heyneke wil suiniger as Jake wees

Heyneke Meyer hoop om langer by die Franse klubspan Stade Français te oorleef as die twee jaar wat Jake White daar afgerig het. Hy is ook nie van plan om sy span rondom Suid-Afrikaanse spelers te bou, soos wat White gedoen het nie.

Heyneke Meyer (links) en John McFarland in 2014 op Twickenham. Foto: Gallo Images

Meyer het Vrydag sy afrigtingspan aangekondig, en saam met Pieter de Villiers, oud- Franse stut en sy destydse hulpafrigter by die Bokke, het hy ook vir John McFarland, voormalige verdedigingsafrigter van die Bulls en Bokke, aangestel.

Daar is ook sprake dat Victor Matfield hom as ’n lynstaankonsultant by die afrigtingspan sal aansluit, terwyl die oud-Bok- losskakel Morné Steyn, wat op die drumpel van aftrede was, sy kontrak met nog ’n jaar verleng het.

Meyer het André Volsteedt, die Bulle se voormalige fiksheidskonsultant, en Steph du Toit, die Stormers se fiksheidsghoeroe, ook gewerf.

Die Ier Mike Prendergast sal Meyer se aanvalsafrigter wees, terwyl die voormalige Tricolour- skrumskakel Julien Dupuy sal aanbly as vaardigheidsafrigter.

McFarland is reeds vort by sy Japanse klub en daaroor is daar groot surigheid by Kubota Spears, waar hy afgerig het. Die voormalige Bulle-afrigter Frans Ludeke is die afrigter van die Spears.

McFarland is glo nog nie deur die klub vrygestel nie, maar hy is nogtans weg.

Ek wil hier wees vir ’n langer tyd om te bou soos in my sewe jaar by die Bulle.

Meyer het ook die Franse spelers Gael Fickou en Yoann Maestri, asook die Argentyn Nicolás Sánchez vir sy spelerskorps gewerf.

Meyer het aan die Franse koerant Le Figaro gesê hy wil nie White se resep by Montpellier volg nie. White het ’n tros Suid-Afrikaanse spelers ingebring, iets wat glad nie goed afgegaan het by die plaaslike ondersteuners nie en hy is ná twee jaar in onguns by die klub weg.

“Ek wil nie soos Jake White maak nie,” het Meyer aan Le Figaro gesê. “Hy is ’n vriend van my, maar hy het in Montpellier aangekom, sy spelers ingebring en ná twee jaar geloop. Ek wil hier wees vir ’n langer tyd om te bou soos ek in my sewe jaar by die Bulle gedoen het.”

Meyer het gesê hy wil nie ’n “Suid-Afrikaanse rugbykolonie” in Parys stig nie.

Hy sal wel konsultante soos Matfield inbring en daar word bespiegel dat dié voormalige Bok-kaptein reeds binne weke in Frankryk sal wees.

“Verskeie ander konsultante sal die span bystaan en die afrigters se werk makliker maak.

“Ons sal ’n vinnige tempo speel en veral spoed in ons wedstrydplan inbring.”

Of Meyer nog Suid-Afrikaners gaan teiken, is ’n ope vraag, maar dit sal nie ’n verrassing wees as Meyer wel – soos Johan Ackermann – ’n klomp Superrugby-spelers teiken om sy taak te vergemaklik nie.

Meer oor:  Stade Français  |  Jake White  |  Heyneke Meyer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.