Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hie’ kommie Bokke, Bloemfontein
Duane Vermeulen en Handré Pollard stap Sondag uit die Bram Fischer-lughawe naby Bloemfontein. Foto: André Damons

’n Glimlaggende Schalk Brits het Sondag in Bloemfontein weer die Springbokke gelei – dié keer uit die Bram Fischer-lughawe en reguit na hul wagtende bus voor die lughawegebou.

“Dit is altyd ongelooflik lekker om hier te wees. Ons was al ’n klomp keer hier. Bloem het my nog nooit teleurgestel nie,” het Brits onderweg na die bus gesê.

Die Bokke, vars van hul oorwinning van 24-18 teen Argentinië op Loftus Versveld in Pretoria, het Sondag in die Rosestad aangekom vir ’n vier dae oefenkamp voor die span vir die Wêreldbekertoernooi in Japan aangekondig word.

Die spelers het baie ontspanne voorgekom terwyl hulle na hul bus gestap het.

’n Paar het gestop en foto’s geneem saam met bewonderaars wat hulle voorgekeer het.

Die senterpaar Damian de Allende en Jesse Kriel is die ene glimlagte met die Springbokke se aankoms in Bloemfontein. Foto: André Damons
Dis lekker in Bloemfontein. Die senter Damian de Allende gooi Sondag duim in die lug met die Springbokke se aankoms in Bloemfontein. Foto: André Damons
Glimlag. Die Springbok-slot Eben Etzebeth hou klein Jurgen Dorfling (ses maande) Sondagmiddag by die Bram Fischer-lughawe buite Bloemfontein vas terwyl sy pa, Jurgen sr., ’n foto van hulle neem. Foto: André Damons
Faf de Klerk op pad om in die bus te klim. Foto: André Damons
Die spelers het baie ontspanne voorgekom terwyl hulle na hul bus gestap het.

“Jy het mooi gespeel en het twee mooi drieë gedruk. Ons is almal bly en trots op jou. Jy moet daai manne in Japan roer. Ons hou almal duim vas vir julle,” het ’n man aan Sbu Nkosi, Saterdag se held, geskreeu.

Dié spoedvraat het skaam geglimlag en saggies dankie gesê voor hy in die bus geklim het.

Oor die oefenkamp wou Brits hom nie veel uitlaat nie en het gesê hulle doen net wat Rassie Erasmus, Bok-afrigter, sê.

Trevor Nyakani Sondag onderweg na die span se bus by die Bram Fischer-lughawe buite Bloemfontein. Foto: André Damons
Die Springbok-kaptein Siya Kholisi kom Sondag saam met die span by die Bram Fischer-lughawe naby Bloemfontein aan. Foto: André Damons
Die skrumskakel Herschel Jantjies deel ’n grappie met Elmarie Mostert van Kimberley nadat hy vir ’n foto saam met haar poseer het. Foto: André Damons
Francois Louw (links) en Malcolm Max gesels voor hulle Sondag in die bus klim. Foto: André Damons
Steven Kitshoff en RG Snyman Sondag voor die span se bus by die Bram Fischer-lughawe buite Bloemfontein. Foto: André Damons

Die span is tot Donderdag in die stad vir geslote oefen-sessies en spanbou voor hulle vir ’n paar dae uitmekaar gaan. Hulle kom weer later die maand in Johannesburg byeen vir die spanaankondiging.

Dit is die eerste keer dat die Springbokke geslote oefensessies al hê. Die Springbokspan word op Maandag 26 Augustus aangekondig.

Die Wêreldbekertoernooi skop op Vrydag 20 September in Japan af wanneer die gasheer Rusland in die openingswedstryd pak.

Die Springbokke begin hul toernooi op 21 September wanneer hulle hul ou vyande die All Blacks in Yokohama die stryd aansê.

Meer oor:  Schalk Brits  |  Bloemfontein  |  Rugby  |  Sport  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.