Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hier is oud-All Black wat vrou met vuis bydam
Zac Guildford (middel) het 11 toetse vir die All Blacks gespeel. Foto: Getty Images

Zac Guildford is wettig ontmasker as die voormalige All Black-rugbyspeler wat gevonnis is omdat hy ’n vrou met die vuis geslaan het.

Die voorval in Desember 2019, wat ’n regter as “barbaars en afgryslik” beskryf het, het in ’n voertuig gebeur toe Guildford uiters dronk was.

Guildford (32), wat ’n onstuimige loopbaan beleef het weens alkoholmisbruik en probleme met sy geestesgesondheid, se poging om sy naam geheim te hou, het misluk. Hy het ook misluk met sy appèl teen sy vonnis, wat intensiewe toesig van twee jaar behels.

Guildford, wat Superrugby vir die Crusaders en Waratahs gespeel het, was ten tyde van die voorval uiters dronk toe sy vriende aangebied het om hom huis toe te neem. Hy was agter in die voertuig en het die vrou, wat op die passasiersitplek gesit het, sonder waarskuwing geslaan.

Zac Guildford werk die afgelope klompie maande as ’n geestesgesondheid-ondersteuningswerker in Wairarapa, Nieu-Seeland. Foto: Getty Images

Nie hy óf die slagoffer kan onthou wat die oorsaak van die aanranding was nie, maar dit is glo deur ’n opmerking oor ’n familielid aangevuur.

Guildford se naam is tot nou toe (ingevolge Nieu-Seelandse regsprosedures) geheim gehou ingeval hy weer teen die hofbeslissing wou appelleer.

Guildford het erken in ’n onderhoud met Stuff hy het besluit om nie weer te appelleer nie omdat hy sy “masker” wou verwyder.

“Ek het regdeur hierdie ding probeer om aanspreeklikheid te aanvaar vir my optrede, hoewel dit dalk nie so mag voorkom nie omdat ek my naam geheim wou hou,” sê hy.

“Dit is omdat ek steeds agter soveel skuldgevoelens en skande weggekruip het en steeds my rugbydroom nagejaag het. Noudat ek ’n werk het waarvoor ek regtig lief is, moedig ek ander mans aan om hulle masker te verwyder.”

Guildford werk die afgelope klompie maande as ’n geestesgesondheidondersteuningswerker in Wairarapa, Nieu-Seeland.

Hy het aan sy slagoffer om verskoning gevra en sê daar gaan nie ’n dag verby dat hy nie aan die voorval dink nie. Hy het ook skadevergoeding aan haar betaal.

• Lees ook:

Voormalige All Black ‘So dronk, hy besef nie hy slaan vrou’

Oud-All Black wat vrou slaan, appelleer

– Sportredaksie

Meer oor:  Robert Spear  |  Zac Guildford  |  Aanranding  |  Toetsrugby  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.