Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Highlanders en Chiefs deel óók louere

Die Chiefs het Saterdag ’n drie in die 79ste minuut gedruk om op dramatiese wyse gelykop met 31-31 teen die Highlanders te speel in Dunedin.

Luke Whitelock van die Highlanders op die aanval.Foto: Getty Images

Dit was die tweede wedstryd van die naweek wat in ’n gelykopuitslag geëindig het nadat die Haaie en die Crusaders ook die louere moes deel.

In Dunedin was die Highlanders op soek na hul tweede agtereenvolgende sege van die jaar oor hul Kiwi-landgenote, maar ’n besluit om pale toe te korrel, eerder as om lyn toe te mik met sowat drie minute se speeltyd oor, sal nog lank in Highlanders-kringe ’n besprekingspunt wees.

Die tuisspan was met 28-24 voor toe ’n strafskop naby die pale aan hulle toegeken is. Die betroubare skopskoen van Josh Ioane het die telling na 31-24 geneem en al wat die Highlanders moes doen, was om die bal te verseker van die afskop.

Dit het egter nie gebeur nie.

Die Chiefs-flank Luke Jacobson, wat ’n breker-vertoning gelewer het, het die bal opgepik nadat die Highlanders dit nie kon bemeester nie.

Van daar af het die besoekers verwoed aangeval en eindelik het die plaasvervanger Angus Ta’avao-Matau reg onder die pale oorgeval. Marty McKenzie het verdoel om sake gelyk te trek.

Die Chiefs het die laaste paar sekondes hard gewerk om ’n haas uit die hoed te probeer pluk, maar kon nie besit behou nie.

Die Highlanders se afrigtingspan sal wel bespiegel oor of hulle nie eerder vir die drie as die strafdoel moes gaan kort voor die eindfluitjie nie, maar as is egter verbrande hout.

Die Highlanders het vier keer agter die doellyn gaan draai met Ioane, Ben Smith, Matt Faddes en James Lentjes wat almal gaan druk het. Ioane het ook met al vier sy verdoelskoppe geslaag.

Brad Weber, Luke Jacobson en Tyler Ardron het vir die Chiefs gedruk met Ta’avao-Matau wat twee keer sy naam op die telkaart gekry het met drieë.

Marty McKenzie kon drie van sy span se drieë verdoel.

Die Highlanders het in Februarie met 30-27 gewen.

* Puntemakers:

Highlanders 31 (14): Drieë: Josh Ioane, Ben Smith, Matt Faddes, James Lentjes. Doelskoppe: Ioane (4). Strafdoel: Ioane.

Chiefs 31 (12): Drieë: Brad Weber, Luke Jacobson, Angus Ta’avao-Matau (2), Tyler Ardron. Doelskoppe: Marty McKenzie (3).

Meer oor:  Dunedin  |  Chiefs  |  Highlanders  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.