Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hoe keer Southern Kings dié gety?

Die rugbyspan van die Southern Kings sal ’n dramatiese ommekeer moet maak as hy nie in die komende naweek nóg ’n liederlike pak slae wil kry nie.

Kom hier, Boetie! Eddie Ludick van die Kings sit af op ’n seldsame lopie die afgelope Vrydag teen Munster in Cork. Josh Hodnett is die man wat hom aan die trui beet het. Foto: Gallo Images

Die Kings, wat op Sondag 23 Februarie in Wallis teen die Scarlets speel, is Vrydag in Ierland met 68-3 deur Munster verniel.

Die naweek voor dit het die Cheetahs die Oos-Kapenaars in Bloemfontein met 45-0 afgeransel.

Hoewel die Kings voor dit net met ’n punt teen die einste Cheetahs in Port Elizabeth verloor het, lyk dinge maar pateties vir die span wanneer daar na die statistieke gekyk word.

Ja, die Kings is besig om vir die soveelste keer ’n span te bou en ja, die Kings was in verskeie wedstryde baie mededingend.

Hulle het selfs daarin geslaag om hierdie seisoen hul eerste Pro14-wedstryd oorsee (teen die Ospreys) te wen.

Maar die ander spanne in die reeks kan seker nie wag om teen hulle te speel nie, want die Kings is by verre die span wat die seisoen die meeste drieë lek.

Robbi Kempson, die Kings se waarnemende hoofafrigter, het nie juis iets gehad om oor te glimlag terwyl sy span teen Munster gespeel het nie.Foto: Gallo Images

In 11 wedstryde het die Kings reeds ’n verstommende 65 drieë afgestaan. Tien van daardie drieë is Vrydag deur Munster in Cork gedruk.

Die span wat die tweede meeste drieë afgestaan het, is die Italiaanse span Zebre, wie se doellyn reeds 49 keer oorgesteek is.

Die Kings is natuurlik ook die span wat sover die meeste punte afgestaan het – 433. Die Ospreys het met 305 die tweede meeste punte afgestaan.

Die nederlaag teen Munster was die derde keer hierdie seisoen dat die Kings 50 punte of meer afgestaan het.

Vroeër het die Glasgow Warriors hulle met 50-0 gelooi en Edinburgh het hulle met 61-13 getrap.

Die Scarlets, teen wie die Kings volgende speel, het sover sewe van hul 11 wedstryde gewen en staan sterk op die puntelys.

Die Walliese span het sover 28 drieë gedruk en 23 drieë afgestaan.

Meer oor:  Pro14-Reeks  |  Kings  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.