Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hoë WP-pos wink nou vir Bantom
Ronald Bantom sal eersdaags die WP Rugbyunie se nuwe visepresident wees. Foto: Son

Ronald Bantom sal op 8 Maart die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) se visepresident word.

In ’n skrywe deur die WPRU aan sy lede Dinsdag is gesê dat Bantom – tans ’n gewone lid van die uitvoerende raad – onbestrede vir die posisie benoem is.

Moet egter nie verbaas wees as Bantom nog voor die einde van dié jaar ’n meer senior pos beklee nie – dalk selfs dié van president.

Daar is sterk sprake dat ’n mosie van wantroue in Zelt Marais, die huidige president, ingestel gaan word. Dit verg skrywes van tien klubs alvorens daaroor gestem word.

Daar is sterk sprake dat ’n mosie van wantroue in Zelt Marais, die huidige president, ingestel gaan word. Dit verg skrywes van tien klubs alvorens daaroor gestem word.

Indien dit deurgevoer word, is al wat tussen Bantom en die presidentskap staan, die huidige adjunk, Moneeb Levy, wat onlangs deur die WPRU as ’n direkteur van die sakevleuel herroep is omdat hy glo na bewering nie die unie se mandaat daar uitvoer nie.

Korporatiewe bestuursvereistes laat afgevaardigdes nie toe om blindelings ’n ander liggaam se mandaat op ’n direksie uit te voer nie, maar dít staan nie in die pad van etlike van die lede van die amateurarm se agenda nie.

Peter Jooste, ’n sakeman en die sameroeper van Suid-Afrika se nasionale keurkomitee, is soos Levy ook verwyder.

Spencer King het in Desember as die WPRU se visepresident bedank en gevolglik het die deur oopgegaan vir Bantom om vir die posisie te staan. Hiermee het King ook sy posisie op die sakevleuel prysgegee.

Die feit dat Bantom onbestrede as visepresident benoem is, beteken nie noodwendig dat klubs geen voorbehoude oor hom het nie.

Hy het wel ’n houvas op ’n blok klubs wat hom in alle waarskynlikheid van ’n meerderheid sal verseker en dit sou dus ’n mors van tyd gewees het om teen hom te staan.

Waar dit wel ’n geveg kan raak, is indien die pos van president oopgaan.

Uit vele oorde word ook gehoop dat daar ’n mosie van wantroue in die ganse uitvoerende raad ingestel sal word, wat lede in staat sal stel om nuwe leiers te verkies.

Bantom het in 2018 vir Marais steun gewerf in sy verkiesingstryd teen Jooste, maar dié twee is glo nie meer kamerade nie.

Zelt Marais, president van die WP Rugbyunie.

Die skorsing van Junaid Moerat as uitvoerend raadslid, hangende ’n tugverhoor, sou straks ook nie vir Bantom gelukkig gemaak het nie.

Voor die verkiesing van 2018 is wyd geglo dat Moerat vir die posisie van uitvoerende hoof geoormerk is. Hy sou op die dag van ’n skorsing, wat glo deur Marais gedryf is, as uitvoerende hoof van die sakevleuel begin werk het.

Moerat word daarvan beskuldig dat hy inligting aan die media uitgelek het en die WPRU het glo ’n “fluitjieblaser” wat die aantyging gaan staaf.

Dit kan egter in Marais-hulle se gesigte ontplof, want Moerat het ’n stewige blok steun, wat dalk ook nou vir Marais verlore is.

Meer oor:  Peter Jooste  |  Ronald Bantom  |  Zelt Marais  |  Kaapstad  |  Rugby  |  Wpru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.