Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hoekom torring aan Pro14, vra Hawies
Hawies Fourie, hoofafrigter van die Cheetahs. Foto: Gallo Images

Hawies Fourie, die Cheetahs se hoofafrigter, sê dis moeilik om kommentaar te lewer oor die moontlike uitbreiding van die Pro14-reeks aangesien alles nog net bespiegelinge is.

Daar word sedert die naweek bespiegel dat die reeks tot 16 of moontlik 18 spanne kan uitbrei en dan is daar ook nog die bespiegeling dat die Cheetahs en die Southern Kings die trekpas kan kry en daar plek gemaak kan word vir die Leeus, Haaie, Stormers en Bulle.

“Ons is positief dat ons in Pro14-rugby gaan bly. Ons is reeds drie seisoene daar en het al in die eerste seisoen tot die kwarteindronde gevorder. In die tweede seisoen het ons egter baie spelers verloor en in ’n boufase gegaan.

“Voor die huidige seisoen opgeskort is, was ons verseker op koers gewees om weer die kwarteindronde te haal.

“Ons het ’n goeie rekord in die reeks en het ’n sterk ondersteunerbasis in Brittanje gebou en ek kan nie regtig sien dat dit nodig is om daaraan te verander nie,” sê Fourie.

Daar is juis deur Gareth Davies, die voorsitter van die Walliese Rugbyunie, gewaarsku dat die Pro14-reeks nie soos die Superreeks, in dieselfde posisie beland waar te veel spanne dit moeilik gemaak het om ’n ingewikkelde konferensiestelsel baas te raak. Die Superrugby-reeks word volgende jaar weer verminder met die Sunwolves wat uit die reeks geskop is.

Dit het gevolg nadat die Cheetahs en Kings en die Western Force drie seisoene gelede die trekpas gekry het.

“Daar is vir my ’n groot verskil wat met Superrugby gebeur het en wat met moontlik met Pro14-rugby kan gebeur. In Superrugby het die uitbreiding vir my na te veel verskillende vastelande gegaan.

“Dit was Suid-Afrika, Argentinië, Japan en van hulle (Sunwolves) wedstryde is in Singapoer gespeel, Australië en Nieu-Seeland – al daardie vastelande met verskillende tydsones.

“Dit maak dit moeilik vir die ondersteuners om hul spanne se wedstryde te volg as hulle in ander lande gaan speel en dan verloor hulle belangstelling.”

Hy meen met die tydsverskil van een tot twee uur tussen Brittanje en Suid-Afrika, is dit makliker om meer spanne se wedstryde te wys op tye wanneer die ondersteuners daarna kan kyk.

“Ek dink nie ons kan die twee kompetisies vergelyk nie, na my mening kan ’n mens baie makliker meer spanne in Pro14-rugby kan hê, wat nog steeds mededingend kan wees en gevolg kan word deur hulle ondersteuners,” sê Fourie.

Daar was vroeër aanduidings deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie dat hulle minstens nog twee spanne saam met die Cheetahs en Kings tot die huidige Pro14-reeks gevoeg kan word.

Niemand van SA Rugby of die Pro14-reeks het nog enigiets oor die bespiegelinge gesê.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  Hawies Fourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.