Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hokaai met gunsteling-etiket, sê Robert

Die span wat die goue middeweg tussen rotsvaste verdediging en puik aanvallende spel vind, gaan vanjaar die Curriebeker-reeks wen.

Garth April, die Haaie se heelagter, het Woensdag puik vertoon in sy span se Curriebeker-sege van 28-20 oor die Blou Bulle op Loftus Versfeld. Foto: Gallo Images

Só het Nollis Marais, die Blou Bulle se afrigter, Woensdagaand ná sy span se nederlaag van 20-28 teen die Haaie op Loftus Versfeld gesê.

As Marais se voorspelling geglo kan word, behoort die Haaie beslis een van die vroeë aanspraakmakers op die titel te wees.

Dié span het in sy laaste drie wedstryde 14 drieë gedruk en slegs twee afgestaan. Dít staan in skrille kontras met die tendens van ander spanne in die kompetisie wat ’n veel groter premie op aanvallende as verdedigende spel plaas.

Robert du Preez, Marais se eweknie by die Haaie, wou egter nie sy span as ’n vroeë gunsteling bestempel nie.

“Ons benader elke wedstryd op sy eie meriete. Ons dink beslis nie nou al aan ’n eindstryd nie. Ons wil net daarop fokus om ons prosesse reg te kry en om goeie momentum op te bou,” sê Du Preez.

“Ons het ’n baie talentvolle span. Ek dink hoe meer die ouens saam speel, hoe beter gaan ons word. Dis waaraan ons nou werk. Ons kyk nie te ver die toekoms in nie,” sê hy.

Hoewel sy span meer as 40 duikslae teen die Blou Bulle verbrou het, het hy steeds net twee drieë afgestaan. Dít is straks ’n bewys van hoe goed die Haaie skarrel om terug te val wanneer hul verdedigingslinie oopgekloof word.

Daarbenewens het die span vier puik drieë gedruk en die Ligbloues strykdeur op hul tone gehou met goeie fasespel.

“Ons is ’n goeie span wanneer ons die basiese dinge reg doen en nie té fancy probeer wees nie. Ons het (Woensdagaand) met tye uitstekende rugby gespeel en goeie fases van stapel gestuur. Ek is baie tevrede met hoe sake sover vir ons verloop het.”

Die Haaie kom Saterdag teen die Goue Leeus op Ellispark te staan. Die laaste keer toe die Durbaniete in Johannesburg gespeel het, het hulle naelskraap teen die Leeus in die Superrugby-kwarteindronde verloor.

“Dis ’n groot wraakstryd vir ons,” het Du Preez geskerts.

“Nee, dit is ’n nuwe wedstryd, dit is altyd moeilik op Ellispark. Ons sien uit daarna,” sê hy.

Wat die Blou Bulle betref, besef Marais sy span sal baie beter moet wees as hulle die Westelike Provinsie Saterdag op Nuweland wil klop.

Meer oor:  Robert Du Preez  |  Goue Leeus  |  Curriebeker  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.