Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hommeltuig help Kings nou slyp

Die Southern Kings het vandeesweek ’n hommeltuig begin gebruik om hul oefeninge te ontleed.

Berton Klaasen in aksie in verlede naweek se kragmeting met die Dragons in Newport, Wallis. Foto: Gallo Images

“Die oorhoofse prentjie help ons om ’n beter idee te kry van ons aanvals- en verdedigingslyne,” sê Deon Davids, afrigter van dié Pro14-rugbyspan.

“Ek hoop dit sal die spelers eindelik help om spasie beter te gebruik,” het hy gesê voor Sondag se stryd in Port Elizabeth teen Ulster.

Twee spelers wat daardie spasie in die middelveld vir die Kings moet ontsluit, is die Klaasen-duo: Berton en Harlon.

’n Mens het die afgelope paar seisoene so gewoond daaraan geraak om Berton Klaasen en Luzuko Vulindlu in die Kings se middelveld te sien, dat dit skoon aardig voel dat een nie meer daar is nie.

Vulindlu is weens persoonlike redes nie hierdie seisoen meer vir die Kings beskikbaar nie.

Harlon Klaasen is deesdae Berton Klaasen se sentermaat. Foto: Gallo Images

In sy afwesigheid het Harlon Klaasen nou Berton Klaasen se sentermaat geword.

“Ons is glad nie familie nie, maar ons maak grappies daaroor,” sê Berton.

Volgens hom het die Kings ’n goeie speler verloor toe Vulindlu weg is.

“Maar ek het al verlede seisoen gesien Harlon is baie goed. Eintlik ken ek hom van die Westelike Provinsie af. Ons het albei eers daar gespeel.”

Berton is 28 jaar oud en Harlon 25. Berton het reeds 37 wedstryde vir die Kings agter die blad en Harlon 11.

Soos die seisoen vorder, behoort die twee Klaasens se kombinasie hegter te word.

Dis nou as een nie beseer sou raak of sy plek verloor nie. In hierdie stadium is daar maar min senters by die Kings.

Martin du Toit kan daar help, maar hy is ook die plaasvervanger-losskakel.

Tristan Blewett, wat verlede jaar vir die Haaie gespeel het, oefen ook nou saam met die Kings. Foto: Gallo Images

Die 22-jarige Tristan Blewett, wat verlede seisoen ’n paar wedstryde vir die Haaie gespeel het, is darem ook nou in Port Elizabeth.

Berton Klaasen sê hy sien baie uit na Sondag se wedstryd teen Ulster in die Nelson Mandelabaai-stadion.

“Ons het heelwat roes afgeskud in ons eerste twee wedstryde oorsee en hoop om nou nog beter op ons tuisveld te vaar,” sê hy.

Die kragmeting met Ulster begin Sondag om 14:15.

* Die Kings sal eers Vrydag hul span kies. In hierdie stadium lyk dit egter asof die jong Michael Botha, wat verlede week met ’n liesbesering gesukkel het, terug kan wees op heelagter.

Meer oor:  Pro14  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.