Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Homofobie: Rugbybaas wen hofsaak

Mourad Boudjellal, die uitgesproke voormalige president van Toulon, het sy hofsaak teen EPCR, die beheerliggaam van Europese klubrugby, en die liggaam se grootbaas, Vincent Gaillard, gewen.

Mourad Boudjellal, die uitgesproke voormalige eienaar van die Franse rugbyklub Toulon. Foto: Getty Images

Gaillard het in ’n EPCR-verklaring op 18 Julie 2018 Boudjellal van “homofobiese gedrag” beskuldig.

Rugby365 berig die liggaam en sy direkteur is vandeesweek in die hof aan “naamskending” skuldig bevind. Gaillard en die EPCR het ’n opgeskorte boete van onderskeidelik €5 000 en €10 000 ontvang. Verder moet albei partye tot €30 000 opdok vir die “morele skade” wat Boudjellal berokken is, terwyl Toulon €10 000 sal ontvang vir daardie skade.

Gaillard en die EPCR het tien dae om teen die uitspraak te appelleer.

Boudjellal het destyds in die bresse getree vir die senter Mathieu Bastareaud wat geskors is omdat hy skynbaar die Benetton Treviso-speler Sebastian Negri ’n “f****n faggot” genoem het. Bastareaud, ’n ervare Franse toetsspeler, het dadelik op sosiale media om verskoning gevra .

“Mathieu Bastareaud het in geen stadium ’n oordeel oor die ander speler se seksueleoriëntasie gevel nie,” het Boudjellal gesê.

“Ek is nie homofobies nie, maar ek het al iemand ’n ‘faggot’ genoem. Dis iets wat alledaags geword het. Dis die eerste ding wat in jou kop opkom wanneer jy in ’nonderonsie betrokke raak,” het Boudjellal vir sy speler geskerm.

“Wat ek nou egter vrees, is die Mormoonse invloed in die EPCR, met die Walliesers en Iere (in hul geledere),” het Boudjellal gesê.

Dit het toe aanleiding gegee tot Gaillard en die EPCR se verklaring.

Boudjellal en sy klub het besluit om regstappe te doen en die verrigtinge het aan die begin van die jaar in Toulon begin, met die uitspraak wat Woensdag gelewer is.

“Ek vra u om my naam in ere te herstel, ek is nie homofobies nie,” het Boudjellal in die hof gepleit.

– Sportredaksie

Meer oor:  Toulon  |  Epcr  |  Mourad Boudjellal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.