Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hooper sal Wallabies in sy 100ste toets lei
Dave Rennie (links), afrigter van die Wallabies, het Michael Hooper as sy kaptein behou. Foto: Getty Images

Michael Hooper lei die Wallabies aanstaande maand in sy 100ste rugbytoets nadat die nuwe Australiese afrigter, Dave Rennie, Woensdag aangekondig het dat die 28-jarige die kapteinskap sal behou dié seisoen.

Rennie was Dinsdag in beheer van sy eerste oefensessie nadat hy by Michael Cheika oorgeneem het as afrigter, maar het aanvanklik die kapteinskap oopgehou.

Hooper het sedert 2014 in 46 toetse as kaptein gespeel en dit sluit twee Wêreldbeker-toernooie in. Sy werkverrigting en toewyding is nooit bevraagteken nie, maar sy besluitneming op die veld en vermoë om met skeidsregters oor die weg te kom, is wel gekritiseer.

“Ek is beïndruk met Hoops,” het Rennie in ’n verklaring gesê.

“Ons het baie gepraat oor die laaste nege maande en sy passie en toewyding is beklemtoon. Hy is ’n goeie mens met uitstekende werketiek en is ’n goeie rolmodel vir ons jong spelers wat deurkom.

“Dit was uiteindelik ’n maklike besluit om te maak om hom weer aan te stel as kaptein.”

Hooper sal die 12de Australiese speler word wat 100 toetse speel, wanneer hy voor draf in die eerste Bledisloe-kragmeting met die All Blacks in Wellington aanstaande maand.

“Dit is ’n voorreg om die Wallaby-trui te dra en ek is trots om my spanmaats te lei en ook alle Australiërs,” sê Hooper.

“Ek is opgewonde oor die groep spelers wat ons nou het en die rigting wat ingeslaan word. Ons het reeds gehalte-tyd saam deurgebring en verfyn dit waarvoor ons staan en wat ons wil bereik.”

Die Aussies is tans op ’n oefenkamp in Hunter Valley en vertrek Vrydag na Nieu-Seeland, waar hulle in kwarantyn sal wees voordat hulle in agtereenvolgende toetse teen die All Blacks op 11 en 18 Oktober te staan kom. –

Die Wallabies met 100 toetse of meer op hul kerfstok is: George Gregan, Stephen Moore, Adam Ashley-Cooper, Nathan Sharpe, George Smith, Will Genia, Sekope Kepu, Matt Giteau, Stephen Larkham, David Campese, Rob Simmons. – Reuters, Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.