Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hougaard kondig sy uittrede aan
Francois Hougaard het sy uittrede uit internasionale rugby aangekondig. Foto: Getty Images

Francois Hougaard, wat tans klubrugby in Engeland speel, het sy uittrede uit internasionale rugby aangekondig.

Hougaard, wat 46 toetse vir die Springbokke gespeel het, sal nie meer vir sy nasionale span beskikbaar wees nie en wil hom toespits op sy klub, die Worcester Warriors.

Die klub het die nuus op hul webtuiste bevestig.

Alan Solomons, die Warriors se direkteur van rugby, is verheug oor die nuus.

“Dit is ’n groot hupstoot vir ons, want dit beteken hy sal vir meer wedstryde beskikbaar wees.

“Ek dink Francois is nou op ’n plek in sy loopbaan waar hy baie gelukkig is en ek weet hy oorweeg dit om vir die res van sy loopbaan by Worcester te speel,” sê Solomons.

“Hy is lief vir die klub en wil sy rugby hier speel.”

Hougaard, wat ook vir die Bulle uitgedraf het, het onlangs ’n nuwe kontrak geteken wat hom tot 2021 by die Worcester Warriors sal hou.

Hy is ook besig om ’n sakekursus in Engeland te volg ter voorbereiding van sy lewe ná rugby.

Hougaard se uittrede is ’n slag vir die Springbokke wat reeds dun is op skrumskakel. - Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.