Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hougie wik en weeg oor Britse paspoort of Pta
Francois Hougaard

Die geelwortel van Britse burgerskap kan Francois Hougaard se beplande skuif na die Bulle kelder.

Hy en die Bulle het al op sekere aspekte ooreengekom, maar die finale kontrak is nog nie geteken nie.

Rapport verneem hy herkou nou aan die idee of hy ’n Bul moet word en of hy nie eerder in Europa moet aanbly om te verseker dat hy sy Britse burgerskap kry nie.

Die 32-jarige Springbok-skrumskakel is in 2016 by die Bulle weg om hom by die Engelse klubspan Worcester Warriors aan te sluit.

Die oudleerling van Paul Roos kwalifiseer ná vyf jaar vir Britse burgerskap en kan dan aansoek daarvoor doen.

Die Bulle het nog nie hoop laat vaar dat hy, soos Marcell Coetzee en Johan Goosen, later vanjaar deel van hul spelersgroep sal word nie, maar kommer bestaan nou oor of hy eerder in Europa sal aanbly.

Worcester Warriors berei hulle nog voor asof Hougaard huis toe kom. Hy het die Bulle onder meer in 2009 en 2010 gehelp om die Superreeks te wen.

Alan Solomons, Worcester se Suid-Afrikaanse direkteur van rugby, het glo die skrumskakel van Bath, Will Chudley, in sy planne om Hougaard te vervang.

Die Bulle wil sekerheid kry omdat een van hul Curriebeker-sterre, die skrumskakel Ivan van Zyl, vanjaar oorsee gaan.

Meer oor:  Francois Hougaard  |  Rugby  |  Blou Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.