Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Howley wil weer rugby afrig ná skorsing
Rob Howley tydens ’n oefensessie van die Rooi Drake in 2019 in Switserland. Foto: Getty Images

Rob Howley, voormalige hulpafrigter van Wallis, hoop om weer by rugbyafrigting betrokke te raak wanneer sy skorsing wat hom opgelê is vir weddenskappe in Junie tot ’n einde kom.

Die 49-jarige Howley is in September 2019 kort voor die aanvang van die Wêreldbekertoernooi in Japan huis toe gestuur, nadat dit rugbaar geword het dat hy geld op die uitslag van verskeie wedstryde verwed het.

Hy het die afgelope week aan die Britse publikasie Daily Mail gesê dat hy voel die ervaring wat hy die laaste paar maande sedert sy skorsing deurgemaak het, hom ’n beter afrigter kan maak.

Gegewe my ervaring van die laaste nege maande, wat selfrefleksie behels het, wil ek glo dat dit my as afrigter gebaat het.
Rob Howley

“Ek wil weer betrokke raak by die spel. Wasps (’n Engelse klubspan) het net voor Kersfees met my kontak gemaak om uit te vind of ek saam met Dai Young (toe dié span se breier) wil werk.

“Ek het gewonder hoe mense gaan reageer op wat ek gedoen het. Wat sou hulle dink? Daardie oproep van Derek Richardson (eienaar van Wasps), het my baie selfvertroue gegee; dit het my as’t ware verseker dat ek ’n toekoms in die spel het.

“Gegewe my ervaring van die laaste nege maande, wat selfrefleksie behels het, wil ek glo dat dit my as afrigter gebaat het. Daar is geen woede of skuldgevoelens in my oor my suster nie, so ek kan op ’n positiewe manier op haar lewe reflekteer,” sê Howley.

Hy het openlik vertel hoe sy suster, Karen, se dood in 2011, nadat sy gesukkel het met onder andere depressie en alkoholisme, vir hom baie moeilik was om te verwerk.

Howley, ’n skrumskakel in sy speeldae, het die Rooi Drake in 59 toetse verteenwoordig, waarvan hy in 22 die span aangevoer het. Hy was sedert 2008 deel van Wallis se afrigtingspan en was ook ’n hulpafrigter van die Britse en Ierse Leeus. – Sportredaksie

Meer oor:  Wallis  |  Skorsing  |  Rob Howley  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.