Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Huggie na meer as jaar weer op veld
Elandré Huggett. Foto: Gallo Images

Elandré Huggett, die Vrystaat-Cheetahs se haker vir die Curriebeker-wedstryd teen die Pumas Vrydag in Bloemfontein, sal in sy eerste wedstryd in meer as ’n jaar in aksie wees.

Huggett het herstel van ’n kniebesering en kry speelkans in die Vrystaters se laaste groepwedstryd in die verkorte reeks, met ’n moontlike promosie-relegasiewedstryd wat wag.

Die Bloemfonteinse span het al vyf hulle vorige wedstryde verloor en selfs al wen hulle die Pumas met ’n bonuspunt Vrydag, kan hulle nie ’n promosie-relegasiewedstryd vryspring nie.

Die Pumas het sewe punte met nog een wedstryd oor, terwyl die Vrystaters twee punte het.

Sewe veranderinge is gemaak, waarvan vier posisioneel is.

Nog ’n speler wat kans in die beginspan kry, is Jannes Snyman wat gewoonlik op haker uitdraf. Hy word teen die Pumas op flank ingespan saam met Abongile Nonkontwana wat verlede week slot gespeel het in die plek van Dennis Visser, wat na die Cheetahs se Pro14-span ontbied is nadat hulle beseer is.

In ’n verrassende skuif is die haker Reinach Venter op vaskopstut gekies, met Kabous van Schalkwyk wat na die plaasvervangersbank skuif, terwyl die flank Daniel Maartens op agtsteman uitdraf nadat Steph Malan hom vir Pro14-diens aangemeld het.

Vrystaat-Cheetahs:
Adriaan Carelse, Ali Mgijima, Carel-Jan Coetzee, Tertius Kruger, Vuyani Maqina, Ernst Stapelberg, Rudy Paige (k), Daniel Maartens, Jannes Snyman, Abongile Nonkontwana, Louis Conradie, Dennis Visser, Reinach Venter, Elandré Huggett, Johan Kotze. PLAASVERVANGERS: Hanno Snyman, Kabous van Schalkwyk, Nardus Erasmus, Luigy van Jaarsveld, Dian Badenhorst, Reinhardt Erwee, Maphutha Dolo.

Curriebeker: Bepalings

Curriebeker: Puntelys

Curriebeker: Uitslae

Meer oor:  Haker  |  Pumas  |  Cheetahs  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.