Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hurricanes bo, maar ‘Saders gee die pas aan

Die Crusaders, die Superrugby-kampioen, het ná vyf rondes van die Kiwi’s se Aotearoa-kompetisie ’n gerieflike voorsprong op die puntelys.

Die Suid-Afrikaner Kobus van Wyk druk Sondagoggend vir die Hurricanes teen die Highlanders in die Aotearoa-reeks. Foto: Getty Images

Dit is duidelik dat dit ’n spesiale vertoning sal verg om hulle in die reeks van nóg silwerware te ontneem.

Hulle het die Blues Saterdag in ’n intense, fisieke derby met 26-15 verslaan, nadat die besoekers in die eerste helfte goed op koers was om die Crusaders vir die eerste keer sedert 2004 tuis te klop.

Die Hurricanes het Sondagoggend (SA tyd) sy tweede sege in die reeks behaal toe hulle in Wellington met 17-11 teen die Highlanders geseëvier het.

Kobus van Wyk, die Suid-Afrikaanse vleuel, het weer vir die Hurricanes gaan druk in ’n wedstryd waarin die tuisspan se oorheersing nie op die telbord weerspieël het nie.

Die Hurricanes het met ’n voorsprong van 12-0 gaan asem skep, maar kon in die tweede helfte nie daarop voortbou nie.

Die naweek sal veel eerder onthou word vir die Crusaders se kragvertoning ná rustyd teen die Blues.

In die eerste paar minute van die wedstryd was dit die span van Auckland wat al die momentum gehad het.

Hoskins Sotutu, agtsteman van die Blues, het ná ’n tydperk van volgehoue druk oor die doellyn gebeur, maar die drie is nie toegeken nie.

Die vleuel Mark Telea is rukkie daarna in die hoek oor, wat die Blues vroeg met 7-0 laat voorloop het.

Die Crusaders het die druk hanteer en gebiedsvoordeel gekry, grotendeels te danke aan die losskakel Richie Mo’unga se taktiese skopwerk.

Die Blues se verdediging was indrukwekkend, maar dit was uiteindelik nie genoeg om die Crusaders van ’n 36ste agtereenvolgende tuissege in Christchurch te weerhou nie.

Die Crusaders het nou 18 punte op die puntelys met die Blues (12) in die tweede posisie. – superxv.com

Meer oor:  Highlanders  |  Blues  |  Crusaders  |  Hurricanes  |  Aotearoa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.