Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hurricanes se Van Wyk vir drie weke geskors
Cobus van Wyk se tyd by die Hurricanes in Nieu-Seeland het op ’n vals noot geëindig. Foto: Gallo Images

’n Sanzaar-tugkomitee het die Hurricanes se Suid-Afrikaanse vleuel Cobus van Wyk vir drie weke geskors nadat hy aan ’n boorvat skuldig bevind is.

Dié voorval het verlede naweek in die Nieu-Seelandse Aotearoa-reeks plaasgevind en die tugverhoor is Donderdag afgehandel.

Van Wyk het skuld beken en is vir drie weke tot 29 Augustus geskors.

Die voorval het verlede Saterdag in die 36ste minuut in die wedstryd tussen die Hurricanes en die Chiefs in Wellington gebeur.

Die tugverhoor is Donderdag per videokonferensie gehou, met Stephen Hardy (voorsitter), Chris Smith en John Langford wat op die tugkomitee gedien het.

Van Wyk het vanuit die staanspoor skuld beken, sê Langford.

Die tugkomitee het bevind die oortreding was roekeloos en dat ’n skorsing van ses weke geregverdig sou wees, maar Van Wyk se goeie tugrekord en dat hy berou getoon het, het daartoe gelei dat die tugkomitee hom net ’n skorsing van drie weke opgelê het.

Van Wyk is op pad na Engeland waar hy sy loopbaan by Leicester Tigers gaan voortsit. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.