Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hy brei Bokke...van die huis af

Die Springbok-afrigter Jacques Nienaber gaan vir ’n ruk lank nie die geleentheid kry om saam met sy span te oefen nie, maar danksy tegnologie is die nasionale span hard aan die werk om reg te wees vir wanneer toetsrugby weer ná die koronavirus hervat.

Jacques Nienaber. Foto: Gallo Images

Nienaber en sy afrigtingspan het hulle aan die begin van die inperkingstyd tot tegnologie gewend om te vergoed vir die afgelaste oefenkampe.

Die afrigters is danksy Microsoft Teams, ’n videokonferensieprogram wat deur hul borg vir hulle gegee is, in kontak met spelers.

“Ons is nog besig. Die lekker ding is dat afrigting nie net op die veld plaasvind nie. So ons beplan steeds en volg ook steeds ons program. Die enigste verskil is dat ons nie meer ons kampe soos gewoonlik hou nie, maar nou doen ons dit op ’n rekenaar,” vertel Nienaber aan Rapport.

“Dit is nuut vir ons om so aanlyn te werk, en dit is nogal anders vir die spelers en afrigters. Maar terwyl ek in die verlede nie met spelers kon praat voordat die kampe aangebied is nie, kan ek nou met hulle gesels, of ’n videogreep vir hulle stuur.

“Dit is iets waaraan ek tien dae gelde nie eens sou gedink het nie. Ek sou ’n video kyk, en Duane (Vermeulen) whatsapp en hom vra wat hy dink. En ons sou oor WhatsApp gesels het. Daar is baie positiewes, veral omdat ek nou al met Duane daaroor kon praat, eerder as om te moet wag tot daar ’n kamp gehou word.

Ons gaan steeds aan asof ons seisoen op 4 Julie begin.

“Nou kan ons dit dadelik bespreek en saam na die video kyk. Ek het Vrydag byvoorbeeld met die Leeus se spelers gesels.

“Dit het die afrigter ook in die spelers se huise ingebring. Ek kan met Duane gesels terwyl hy sy braai begin.”

Hy erken wel dis moeilik om te beplan terwyl hulle nie weet wanneer hulle weer gaan speel nie.

“Tans is niks gekanselleer nie, maar ons weet dinge kan verander. Ons weet ons kan eerste teen Georgië speel, of miskien Argentinië, en nie Skotland nie. Dit hang af wanneer ons weer op die veld gaan kom.

“Hoewel die spel gestop het, het ons ons ontledings en ons kan daarmee voortgaan.

“Felix (Jones, wat na die Europese Bokke omsien) het sy kampe met die Engelse en Franse spelers gehou. Plaaslik het ons kampe met elke span gehou behalwe die Haaie, wat ons oor die rekenaar gedoen het.”

Nienaber beplan asof die tuistoetse in Julie sal begin.

“Ons plan is in vier blokke ingedeel – en elkeen het ’n datum. In blok drie begin ons op die teenstanders konsentreer en ons weet nie wanneer dit sal wees nie.

“Ons gaan steeds aan asof ons seisoen op 4 Julie begin.”

Meer oor:  Fiksheid  |  Koronavirus  |  Jacques Nienaber  |  Bokke  |  Microsoft Teams  |  Springbokke  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.