Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ier Lacey pak sy rugbyfluitjie weg
John Lacey tydens ’n wedstryd tussen die Springbokke en ’n Wêreldspan in 2015 op Nuweland in Kaapstad. Foto: Gallo Images

Die ervare Ierse rugbyskeidsregter John Lacey het besluit om sy fluitjie aan die einde van die huidige seisoen te bêre.

Die 45-jarige Lacey was in 2010 in beheer van sy eerste toets en het in vier wedstryde by die Wêreldbeker-toernooi in 2015 die fluitjie gedra. Hy was die skeidsregter in 30 toetse.

Lacey gaan inval by die Ierse Rugbyunie waar hy verantwoordelik gaan wees vir die afrigting van skeidsregters en ook gaan help met die identifisering van talent.

Sy laaste kragmeting in beheer van ’n internasionale wedstryd sal wees wanneer Argentinië en die Barbarians mekaar aanstaande maand op Twickenham in Engeland pak.

Daarna sal hy steeds die fluitjie dra in Pro14-wedstryde en kragmetings in die Europese Kampioenebeker tot aan die einde van die huidige seisoen.

Lacey het in sy speeldae Ierland A, Ierland se sewesspan en die klubspan Munster verteenwoordig voordat hy ’n skeidsregter geword het. – Sportredaksie

Meer oor:  John Lacey  |  Ierland  |  Uittrede  |  Rugby  |  Skeidsregter  |  Blaser  |  Toetse  |  Fluitjie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.