Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Iere blus Drake se vuur in Cardiff

Wallis is ná net twee weke sy plek bo aan Wêreldrugby se ranglys kwyt nadat hulle gistermiddag in Cardiff met 22-17 deur Ierland geklop is.

Met dié oorwinning het die Iere hul naam in ere herstel nadat hulle verlede naweek met 57-15 deur Engeland verneder is.

Terselfdertyd sal die Iere teleurgesteld wees dat hulle Wallis nie met 15 of meer punte kon klop nie, want dit sou hulle die nr. 1-posisie gegee het wat Nieu-Seeland nou weer beklee.

Dit het halfpad deur die tweede helfte nog gelyk asof Ierland dit gaan vermag. In daardie tydstip het hy danksy ’n strafdrie met 22-3 voorgeloop.

Ierland was rustyd reeds met 15-3 voor, met die linkervleuel, Jacob Stockdale, wat twee keer afgerond het.

Ofskoon Wallis vroeg gebiedsvoordeel geniet het, het Ierland sewe keer balbesit omgekeer.

Die loskopstut, Dave Kilcoyne, het ’n indrukwekkende bres geslaan om die weg te baan vir Stockdale se eerste drie voordat die vleuel ook sy tweede drie afgerond het deur die bal deur te skop nadat ’n Wallis-aangee verlore gegaan het.

Die Rooi Drake het in die laaste kwart vlamgevat met die regtervleuel, Owen Lane, en die reserwe-losskakel, Rhys Patchell, wat afgerond het, maar dit was te min en te laat.

  • Puntemakers:

Ierland 22 (15): Drieë: Jacob Stockdale (2), strafdrie. Doelskop: Jack Carty. Strafdoel: Carty.

Wallis 17 (3): Drieë: Owen Lane, Rhys Patchell. Doelskoppe: Patchell (2). Strafdoel: Jarrod Evans. – Albert Heenop
Meer oor:  Wallis  |  Ranglys  |  Cardiff  |  Ierland  |  Wêreldrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.