Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Iere sal baat by SA Superspanne in Pro-reeks’

In Ierland word geglo dat die toetrede van die vier Suid-Afrikaanse Superrugby-spanne, die Bulle, Leeus, Stormers en Haaie, in ’n uitgebreide Pro-reeks (voortaan die Pro16) tot voordeel van Ierse rugby gaan wees.

Leinster toe hy in die 2018-’19-seisoen die Pro14-reeks gewen het. Foto: Getty Images

Dit is die mening van David Nucifora, die Ierse Rugbyunie (IRFU) se hoëprestasiebestuurder, oor die verwagting dat die SA viertal van 2021 af met 12 spanne van Ierland, Wallis, Skotland en Italië gaan meeding.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het vroeër vanjaar besluit om die Cheetahs en Southern Kings se deelname aan die reeks te beëindig.

Hoewel geen amptelike aankondiging nog gedoen is nie, word verwag dat die SA Superspanne van Februarie of Maart af reeds Pro-rugby sal speel.

Die IRFU is ten gunste van dié verwikkeling, met Nucifora wat glo dat dit tot Ierland se voordeel sal strek.

“Ons dink Ierse rugby moet ambisieus wees en dat die Pro14 (soos die reeks tans bekend is) ook ambisieus moet wees. Ons moet ons spelers uitdaag en dis wat hulle ook wil hê,” sê Nucifora volgens die BBC.

Ons beskik nie oor die diepte van spelers soos Engeland en Frankryk nie, so ons moet alles doen om ons beskikbare spelers so goed moontlik te ontwikkel.

“Om spanne te stuur, hetsy dit volsterkte spanne of spanne met jonger spelers is, om te gaan toer in plekke soos Kaapstad, Pretoria en Johannesburg, is iets wat ek glo baie vir die ontwikkeling van Ierse spelers sal beteken.

“Ons beskik nie oor die diepte van spelers soos Engeland en Frankryk nie, so ons moet alles doen om ons beskikbare spelers so goed moontlik te ontwikkel.

“Ons moet elke geleentheid wat ons het, gebruik om ons spelers aan die hoogste vlak van die sport bloot te stel, sodat ons kan verseker dat hulle reg is wanneer daar op hul knoppies gedruk word,” sê Nucifora.

Die huidige seisoen van die Pro14 – sonder die Cheetahs en Kings – is tans aan die gang, maar daar is vrae oor die gehalte van die reeks. Die toetrede van die Suid-Afrikaanse spanne sal opnuut uitdagings stel aan ’n span soos Leinster van Ierland, wat die afgelope drie seisoene die reeks gewen het.

Sedert die Wêreldbeker-toernooi in 2019 in Japan, waar Ierland in die kwarteindronde uitgeskakel is, verloop dinge nie klopdisselboom met die Ierse nasionale span nie.

Ierland het in Oktober teen Frankryk in hul laaste kragmeting van die Sesnasies-reeks verloor en moes ook voor Engeland in die Nasiesbeker die knie buig. Die afgelope naweek in Dublin het die Iere allermins ’n inspirerende vertoning in hul oorwinning van 23-10 oor Georgië opgedis. – Sportredaksie

Meer oor:  Pro14  |  Superrugby  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.