Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Iere sonder Seán O’Brien na WB

Ierland se kanse om later vanjaar die Wêreldbeker-rugbytoernooi te wen het ’n knou gekry met die nuus dat Seán O’Brien minstens ses maande langs die kantlyn gaan wees.

Seán O’Brien (links) in Februarie in aksie teen Italië in ’n wedstryd in die Sesnasiesreeks in Rome. Foto: Getty Images

Die 32-jarige O’Brien, ’n losvoorspeler, sal binnekort ’n operasie aan sy heup ondergaan, lui ’n verklaring op sy klubspan, Leinster, se webtuiste.

O’Brien, wat aanstaande seisoen vir die Engelse klubspan London Irish sal speel, was nie deel van Leinster se wenspan wat die naweek die Pro14-titel ’n tweede agtereenvolgende jaar verower het nie. Leinster het die Glasgow Warriors met 18-15 in die eindstryd in Glasgow verslaan.

Sy besering sal ’n gevoelige slag vir die Iere se breier, Joe Schmidt, wees.

Dié boorling van Carlow het Ierland reeds in 56 toetse verteenwoordig.

Die Wêreldbeker-toernooi begin op 20 September in Japan. – Sportredaksie

Meer oor:  Joe Schmidt  |  Ierland  |  Japan  |  Leinster  |  Sean O'brien
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.