Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ierse breier sê nee vir Rassie en Bokke

Een van Ierland se mees hoogaangeskrewe afrigters het ’n aanbod om hom by die Springbokke aan te sluit van die hand gewys.

Felix Jones het in 2015 nog vir Ierland rugby gespeel. Foto: Getty Images

Rugby365.com berig Felix Jones het nee gesê vir Rassie Erasmus se aanbod om hom as die Bokke se vaardigheidsafrigter aan te wys.

Jones het gekies om eerder by Munster aan te bly.

Erasmus, wat sy kontrak met dié Ierse provinsie in Desember kortgeknip het om die pos as SA Rugby se direkteur van rugby in te neem, het reeds die dienste van Aled Walters, Munster se fiksheidsghoeroe, bekom.

Walters was nie Erasmus se enigste teiken nie, met Jones wat glo boaan die voormalige Bok-kaptein se wenslys was.

Jones, ’n heelagter in sy speeldae, het egter verlede jaar ’n nuwe kontrak van twee jaar met Munster onderteken en het gekies om aan te bly as die span se agterlyn-en-aanvalsafrigter.

Jones het Erasmus se verantwoordelikhede waargeneem gedurende die oorgangsfase voordat Johann van Graan as Munster se hoofafrigter oorgeneem het.

Jones se reputasie groei met rasse skrede sedert Joe Schmidt hom aanbeveel het vir die posisie by Munster nadat hy weens ’n nekbesering vroeg moes uittree.

Jones (30) was saam met Schmidt se Ierland op toer in Japan in Junie verlede jaar en word gesien as ’n sleutelfiguur in Ierland se planne in die toekoms.

Munster het vrede daarmee gemaak dat Jacques Nienaber (verdedigingsafrigter) sy lewenslange vriend Erasmus sou terugvolg na Suid-Afrika, maar is glo ongelukkig met Erasmus se poging om verskeie ander van die span se personeel saam met hom weg te lok.

– Sportredaksie

Meer oor:  Felix Jones  |  Munster  |  Bokke  |  Springbokke  |  Rassie Erasmus  |  Aled Walters  |  Saru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.