Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
O’Donnell reg om tokse te bêre
Tommy O’Donnell in een van sy 186 wedstryde vir Munster. Foto: Getty Images

Tommy O’Donnell, wat tussen 2013 en 2019 vir Ierland 13 toetse gespeel het, gaan sy rugbystewels ná die komende Reënboogbeker-kompetisie bêre.

The Irish Times berig sy aankondiging is Maandag op Munster se amptelike webblad gemaak.

“Dit was ’n enorme eer om Munster vir die afgelope 14 seisoene te kon verteenwoordig. Ek voel dis nou die regte tyd vir my en my familie om rugby vaarwel toe te roep,” sê die 33-jarige O’Donnell, wat 186 wedstryde vir Munster gespeel het.

“Ek is só trots daarop dat ek kan uittree as iemand wat slegs vir een klub gespeel het. Ek is gemaklik met my besluit nadat ek my droom sedert ek 16 jaar oud was deur Munster en Ierland se stelsel nagestreef het.”

Johann van Graan, Munster se Suid-Afrikaanse afrigter, het O’Donnell groot lof toegeswaai.

“Om vir 14 seisoene op só ’n hoë vlak te speel getuig van sy gehalte en deursettingsvermoë. Ek kan Tommy net bedank vir alles wat hy vir Munster gedoen het, maar hy het steeds vir die res van die seisoen ’n rol om te speel.” – Sportredaksie

Meer oor:  Tommy O’Donnell  |  Toetsrugby  |  Reënboogbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.