Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ikeys sweet om UWK op Loftus te troef

Ná ’n effens stotterende begin het die Ikeys uit hul dop gekruip en die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) in dié twee spanne se Varsitybeker-wedstryd geklop.

Die Ikeys, steeds onoorwonne vanjaar, het op Loftus Versfeld agt drieë gedruk om net-net met 58-55 te seëvier.

Rethabile Louw, vleuel van die Ikeys, sit af op een van sy lopies. Foto: Varsity Cup/Catherine Kotzé

Met dié oorwinning gaan die Ikeys die Chester Williams-gedenktrofee, wat voortaan jaarliks tussen die twee spanne op die spel sal wees, huis toe neem.

Vir die eerste paar minute was UWK dominerend in die skrums en hy het met flair en selfvertroue gespeel. Die gevolg was dat die telling in die 13de minuut 15-3 in UWK se guns was.

Maar toe kom die Ikeys vorendag met daardie bekende aanvalswapen van hulle, die rolmaalbeweging. Die gevolg was drieë deur Devon Arendse (haker) en Robert Hunt (stut).

En toe dinge lostorring, het Rethabile Louw (vleuel) en Kyle Bowman (skrumskakel) ook voor rustyd gaan druk.

Die UWK se Tinotenda Mavesere druk kort voor rustyd sy span se tweede drie. Foto: Varsity Cup/Catherine Kotzé

Teen rustyd was die telling 31-22 in die Ikeys se guns.

In die tweede helfte het UWK ’n paar keer gevaarlik gelyk en baie naby aan ’n sege gekom, maar hy kon net nie die agterstand uitwis nie.

Benewens dat die Ikeys by die afbreekpunte baas was, het hulle gewen omdat UWK gesukkel het om die gate toe te stop wanneer Ikeys die bal in die hande gehad het.

Bowman, wat rats om die skrums was, het drie drieë gedruk.

Puntemakers: Ikeys 58 (31): Drieë: Devon Arendse, Robert Hunt, Rethabile Louw (sewepunt-drie), Kyle Bowman (sewepunt-drie), Bowman (2), Le Roux Malan, Evardi Boshoff. Doelskoppe: James Tedder (4). Strafdoele: Tedder (2).

UWK 55 (22): Drieë: Lundi Msenge (2xsewepunt-drie), Tinotenda Mavesere, Strafdrie, Mavesere (sewepunt-drie), André Manuel (sewepunt-drie). Doelskoppe: Branden de Kock (3). Strafdoele: De Kock (3),

Meer oor:  Uwk  |  Varsitybeker  |  Universiteit Van Wes-Kaapland  |  Ikeys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.